‘n Definisie van navorsingsdatabestuur kan afglei word van die NDB siklus. In terme van hierdie definisie kan NDB beskryf word as tweeledige proses:
- Eerstens, beplanning vir die wyse waarop navorsingsdata bestuur moet word tydens en na afloop van die navorsingsproses.
- Tweedens, kontrole oor die insameling, prosessering, analise, deel en beskikbaarstelling, verspreiding, bewaring en hergebruik van navorsingsdata.