Turn on more accessible mode
Turn off more accessible mode
Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Turn off Animations
Turn on Animations
FollowFollow Focus on Content Focus on Content

Stellenbosch logo

Ons laai, wag asseblief

Maak asseblief seker dat JavaScript aangeskakel is

• Universiteit Stellenbosch
• Biblioteek EN Inligtingsdiens
• English | Afrikaans
Universiteit Stellenbosch Tuis

Vind

Boeke & ander items
Artikels
E-boeke
E-databasisse
E-tydskrifte
Reserwe
E-naslaanwerke
E-koerante
E-tesisse
US-navorsingsdata
US-navorsingsuitsette
Tydskrifte US gehuisves
Digitale versamelings
E-bronne vir proefperiodes
Wes-Kaap biblioteekkatalogi

Gebruik die biblioteek

Biblioteekure
Uitleen
Leen van ander biblioteke
Besprekings
Reserweriglyne vir doserende personeel
Druk, kopieer & skandeer
Gids vir voorgraadse studente
Gids vir nagraadse studente & navorsers
Gids vir voornemende nagraadse studente
Gids vir personeel
Gids vir alumni
Gids vir besoekers
Gids vir CHELSA-lede
Gids vir CHELiN-lede

Navorsing

Carnegie Navorsingsruimte
Navorsingsimpak
Navorsingsdatabestuur
Bibliografiese verwysingsbestuur
Oop toegang
Digitale versamelings
Digitale Humaniora
Generiese opleiding - SmartResearcher werkswinkels
Spesiale Versamelings
Biblioteeknavorsingsweek

Leer

Stap-vir-stap gids
Leersentrum
Digitale en Inligtingsvaardighede
Kursusleeslyste in SUNLearn
Biblioteekopleidingskalender
Generiese opleiding - SmartStudent werkswinkels
Generiese opleiding - SmartResearcher werkswinkels
Module-spesifieke opleiding
Versoek 'n opleidingsessie
Biblioteekgidse
Opleidingstutoriale & videos

Biblioteke

Universiteit Stellenbosch Biblioteek
Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe
Ingenieurs & Bosbou
Musiek
Teologie
USBB
Departementele biblioteke

Hulp

Vra ons
Gee terugvoer
Voldoen aan kopieregvereistes
Afkampus elektroniese toegang
Opleidingstutoriale & videos
US Biblioteek vloerplan
Vind boeke op die rak
Voltooiing van werkstuk
Indiening van tesis/proefskrif
Koordlose toegang
Algemene vrae

Inligting oor ons

Kontak ons
Gee terugvoer
Strategiese plan
Statistiese opsomming 2021
Biblioteekstatistiekpaneel
Publikasies
Konferensies & simposia
Gehalteversekering
• Admin Sign In
• Afrikaans
• Vind
• Soek en vind
• Gebruik die biblioteek
• Dienste
• NavorsingCurrently selected
• Dienste
• Leer
• Dienste en ruimtes
• Biblioteke
• Bronne
• Hulp
• Gidse
• Inligting oor ons
• Inligting oor die biblioteek
• Search this site
Search
• Gevorderde Soek opsie | Databasisse A-Z lys | e-Tydskrifte A-Z lys
Oop toegang
Navigate Up
This page location is:
• Home
• Afrikaans
• Navorsing
• Oop toegang
• Pages
• FAQs

Oop toegang - Algemene vrae

• Home
• Afrikaans
• Navorsing
• Oop toegang
• Oop toegang - Algemene vrae

Oop toegang - Algemene vrae

Wat is oop toegang?
Oop toegang kan beskryf word as gratis, onmiddellike aanlyntoegang tot navorsingsresultate en die reg om hierdie resultate te gebruik en hergebruik soos nodig.

Wat is "goue" oop toegang?
Uitgewers stel navorsingsartikels onmiddellik gratis beskikbaar in eweknie-beoordeelde vaktydskrifte. Fooie vir die hantering van navorsingsartikels ("Article Processing Charges") of outeursfooie mag van toepassing wees.

Wat is"groen" oop toegang?
Outeurs gee toestemming om hul gepubliseerde artikel gratis beskikbaar te maak in 'n institutionele bewaarplek. Embargo's mag van toepassing wees, afhangend van die uitgewer se beleid.

Wat is die voordele van oop toegang?
Bespoedigde vind van navorsingsmateriaal, verbeterde sigbaarheid van navorsingsuitsette, openbare belang en verryking en algemene verbeterde onderwys is van die voordele van oop toegang.

Definisies
Voordruk ("Pre-print")
Enige weergawe van 'n navorsingsartikel voor eweknie-beoordeling en publikasie, normaalweg die weergawe wat deur die outeur aan die tydksrif voorgelê word. Voordrukke word normaalweg nie in institusionele bewaarplekke gehuisves nie aangesien dit nie aan eweknie-beoordeling onderworpe was nie.

Na-drukweergawe ("Post-print")
Die finale weergawe van die eweknie-beoordeelde manuskrip met hersienings bygewerk. Dit staan ook bekend as die aanvaarde outeursmanuskrip. Hierdie weergawe kan moontlik formaterings-, uitleg- en pagineringsveranderinge na afloop van kopieredigering insluit.

Gepubliseerde tydskrifartikel ("Publisher's version")
Die uitgewersweergawe van die artikel wat in die vaktydskrif verskyn. Dit sluit alle uitgewersaktiwiteite soos teksredigering, formatering, en indien van toepassing, paginering, in.

Hanteringsfooie ("article processing charges")
'n Fooi wat die uitgewer verhaal om die hanteringskoste m.b.t. die prosessering van 'n navorsingsartikel te dek.

Institusionele bewaarplek ("institutional r​epository")
'n Digitale argief vir die bewaring en beskikbaarstelling van navorsingsuitsette van 'n instansie, bv. tesisse, proefskrifte, navorsingsartikels en konferensiereferate. SUNScholar is die institusionele bewaarplek van Universiteit Stellenbosch.

Universitiet Stellenbosch selfargiveringsbeleid
Wat vereis die beleid?
Die beleid vereis dat voltekskopieë van gepubliseerde navorsingsartikels of konferensiereferate van outeurs wat 'n formele affiliasie met die US het in SUNScholar (institusionele bewaarplek) gehuisves word.

Wat moet ek in die institusionele bewaarplek deponeer?

Volteks (PDF-formaat) van die gepubliseerde tydskrifartikel ("publisher's version") ooreenkomstig die uitgewer se beleid.

Volteks (PDF-formaat) van die na-drukweergawe (aanvaarde outeursmanuskripte met hersienings) van 'n tydskrifartikel ooreenkomstig die uitgewer se beleid.

Volteks (PDF-formaat) van eweknie-beoordeelde konferensiereferate ooreenkomstig die uitgewer se beleid.

Hoe deponeer ek items in die institusionele bewaarplek?

Kontak u Fakulteitsbibliotekaris wat namens u kan deponeer, of

Deponeer self u navorsingsuitsette deur 'n e-pos aan scholar@sun.ac.za te stuur om aansoek te doen om as 'n deponeerder te registreer of volg die stappe soos uiteengesit op ons hulpblad.

'n Enkele individu mag ook namens 'n departement deponeer indien die persoon as 'n deponeerder op SUNScholar geregistreer is en indien die persoon al die nodige inligting het om die verwysing volledig in te vul.

Waar kan ek hulp kry rakende die deponering van my artikels op SUNScholar?
Navrae kan gerig word aan u Fakulteitsbibliotekaris of die afdeling vir Digitalisering en Digitale Dienste.

Waar kan ek 'n uitgewer of tydskrif se beleid naslaan?

Besoek die webtuiste van die uitgewer of tydskrif, of

Raadpleeg die SHERPA RoMEO of rchivit databasisse van uitgewersbeleide rakende argivering van navorsingsartikels in institusionele bewaarplekke, of

Raadpleeg die lys van vaktydskrifte waarin US navorsers gereeld publiseer met meegaande beleide rakende selfargivering hier.

Kan ek steeds my voorheen gepubliseerde artikels in die bewaarplek deponeer?
Ja, indien u steeds toegang het tot die na-druk- of ander toepaslike weergawe van die artikel.

In watter formaat moet my artikel gedeponeer word?
Slegs PDF-formaat word op 'n institusionele bewaarplek gehuisves aangesien hierdie formaat geskik is vir langtermynbewaring.

Wat van my kopiereg?
Outeurs word aangemoedig om die kopiereg te behou op materiaal waarvan die US die kopiereghouer is en om 'n "lisensie om te publiseer" te onderteken wat hulle sal toelaat om 'n kopie van 'n artikel in SUNScholar te deponeer. Die "lisensie om te publiseer" word gewoonlik verleen deur 'n "outeursaddendum" by die uitgewer se kopieregoordragooreenkoms te voeg . Kyk gerus na 'n voorbeeld hier.

Wat van embargo?
Sommige uitgewers en vaktydskrifte vereis 'n embargoperiode alvorens geargiveerde kopieë van artikels op 'n institusionele bewaarplek toeganklik gemaak kan word en verskaf ook duidelike instruksies in dié verband. Embargo's word outomaties binne die bewaarplek gelig op die toepaslike datums.

Kan ek vooraf onderhandel dat my artikel in 'n institusionele bewaarplek gehuisves gaan word?
U kan die tydskrif of uitgewer inlig dat u wel beplan om 'n kopie op u institusionele bewaarplek te huisves. Verwys asseblief na die vraag oor kopiereg hierbo.

Hoe sal 'n kopie van my artikel op SUNScholar my navorsingsimpak beïnvloed?
Dit sal die sigbaarheid van u navorsing op die internet verhoog. Die artikel op SUNScholar sal die korrekte verwysing en URL-​skakel vertoon wat verwys na die oorspronklike publikasie.

Hoe verwys 'n mens na die institusionele bewaarplek?
Daar word nie na die bewaarplek self verwys nie, maar eerder na die artikel soos wat dit op die oorspronklike vaktydskrif of uitgewer se webblad verskyn. Hierdie inligting word op die rekord binne SUNScholar aangedui.

• Vind
• Gebruik die biblioteek
• Navorsing
• Leer
• Biblioteke
• Hulp
• Inligting oor ons
Kontakbesonderhede

Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens, Hulplyn Nommers: +27 21 808 4883, Korp Kantoor / Pos Adres: Privaatsak X5036 Stellenbosch, 7599

Stellenbosch logo

Personeelportaal
© 2025, Stellenbosch Universiteit Biblioteek en Inligtingsdiens, Alle voorwaardes voorbehou
• Carnegie Navorsingsruimte
• Navorsingsimpak
• Navorsingsdatabestuur
• Bibliografiese verwysingsbestuur
• Oop toegang
• Wat is oop toegang?
• Ooptoegangsinisiatiewe van die Universiteit Stellenbosch
• Selfargivering
• Ondersteuning vir ooptoegangpublikasie
• SUNScholar
• SUNJournals
• SUNConferences
• Nuttige skakels & nuus oor oop toegang
• Algemene vraeCurrently selected
• BeOpenAccessSmart webinare
• Digitale versamelings
• Digitale Humaniora
• Generiese opleiding - SmartResearcher werkswinkels
• Spesiale Versamelings
• Library Research Week
• Dienste