| Voldoen aan kopieregvereistes |

Wat is kopiereg?
Die Wêreldorganisasie vir Intellektuele Eiendom (WIPO) som dit soos volg op: Kopiereg en verwante regte beskerm die regte van skrywers, uitvoerende kunstenaars, vervaardigers en uitsaaiers en dra by tot die kulturele en ekonomiese ontwikkeling van nasies. Hierdie beskerming speel 'n deurslaggewende rol in die artikulering van die bydraes en regte van die verskillende belanghebbendes en die verhouding tussen hulle en die publiek. Die doel van kopiereg en verwante regte is tweeledig: om 'n dinamiese en kreatiewe kultuur aan te moedig, terwyl waarde aan die skeppers teruggegee word, sodat hulle 'n waardige ekonomiese bestaan kan voer, en om wydverspreide, bekostigbare toegang tot die inhoud van die skeppings vir die publiek te kan bied.

Die Suid-Afrikaanse Wet op Outeursreg

Die Dramatiese Artistieke en Literêre Regte Organisasie Edms Bpk (DALRO) stel dit soos volg: Die Suid-Afrikaanse Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos gewysig, beheer alle aspekte van kopiereg in Suid-Afrika. Dit verduidelik wat beskerm word, waarteen dit beskerm word en vir hoe lank dit beskerm word. Kopiereg is territoriaal. Vir 'n werk om in aanmerking te kom vir kopieregbeskerming moet die volgende beskikbaar wees:

Oorspronklikheid

Die materiaal moet in 'n tasbare vorm aangebied word

Die skepper moet deur die Suid-Afrikaanse reg as 'n regspersoon erken word

Die regte wat beskerm word, die wyse van beskerming en
selfs die tydperk van beskerming, kan van land tot land verskil, en dit
is dan ook dikwels die geval. Al die nasies wat ondertekenaars
van die Berne Konvensie en die Universele Kopiereg Konvensie is, het
egter die beginsel van kopieregbeskerming met mekaar in gemeen. Die
lande van die Berne Unie (waarvan Suid-Afrika een is) is verplig om sekere
basiese beginsels, of minimum standaarde, in hul nasionale wetgewing te inkorporeer
en is daartoe verbind om wedersydse behandeling te gee aan werke wat
voortspruit uit ander partye van die Berne Konvensie.

Wat is billike gebruik?
In Suid-Afrika laat billike gebruik toe dat werke waarvan die kopiereg voorbehou word, wel gebruik kan word vir doeleindes soos kritiek, nuusverslaë, onderrig, vakgeleerdheid of navorsing. In 'n akademiese omgewing laat billike gebruik egter gebruikers toe om ‘n afskrif te maak om aan redelike behoeftes te voldoen - vir eie studie, navorsings- of private gebruik sonder die toestemming van die kopieregeienaar. Die verspreiding van veelvuldige kopieë van werke waarvan die kopiereg voorbehou word in 'n klaskamersituasie val egter nie binne die parameters van billike gebruik nie.

Maak asseblief gebruik van die algemene vrae oor billike gebruik op DALRO se webwerf vir antwoorde op algemene vrae o.a.:

Is dit korrek dat dit toelaatbaar is om 'n gepubliseerde werk te fotokopieer, solank ek net 10% of minder daarvan fotokopieer?

Mag ek 'n artikel van die internet aflaai, dit uitdruk en dan fotokopieer vir my klas van 20 studente?

Algemene vrae

Hoe is billike gebruik van toepassing op dosente wat van die biblioteke se reserwe-afdelings gebruik maak?
Net kursusmateriaal wat voldoen aan
die Universiteit Stellenbosch se kopieregriglyne sal aanvaar word vir
plasing in enige van die biblioteke se reserwe-afdelings.
Vir meer
inligting en 'n afskrif van die US se kopieregriglyne, kontak asseblief die Universiteit Stellenbosch se Kopieregadministrateur: Carol Kat | Tel: +27 21 808 2992.

Hoe is billike gebruik van toepassing op dosente wat derdeparty inhoud in US kursusmateriaal gebruik tydens COVID 19?
Legitimate use of third-party content in online SU course material during the COVID-19 pandemic (Aangebied deur Carol Kat, Hoof: Kopiereg, Handelsmerke & Kortkursusse, Universiteit Stellenbosch)

Wie besit die kopiereg van my werk by die Universiteit Stellenbosch?
Paragraaf 2.2.2 van die Universiteit se beleid lees nou soos volg: Studente dra hulle kopieregte op alle werke wat geskep kan word tydens die uitvoering van hulle studieverpligtinge (met inbegrip van alle navorsing wat as deel van sodanige studies uitgevoer word) aan die US oor. Dit sluit in alle aanbiedings, opdragte, toetse en eksamenantwoordboeke, werkstukke, verhandelinge, proefskrifte, klank- en videoopnames, sagteware, databasisse, ontwerpe en modelle wat deur studente ontwikkel is in die uitvoering van hul studies. In hierdie verband moet daar aan die vereistes van die US se jaarboek wat betref die invoeging van kopieregkennisgewings en outeurskapsverklarings in akademiese materiaal, byvoorbeeld verhandelinge en proefskrifte, voldoen word. Die US kan in sekere gevalle besluit om eienaarskap van die kopiereg in sy geheel of gedeeltelik aan die student oor te dra, of kan hom of haar andersins magtig om die werk kommersieel of andersins te gebruik.

Hoe kan ek my navorsing wat by die Universiteit Stellenbosch gedoen is, publiseer?
Ingevolge die Jaarboek van die Universiteit Stellenbosch kan studente nie hul werkstuk, tesis of verhandeling, of 'n afgeleide weergawe daarvan, publiseer in enige ander vorm as 'n artikel in 'n geakkrediteerde akademiese tydskrif, sonder die vooraf skriftelike goedkeuring van die Dekaan van die betrokke fakulteit (of sy gedelegeerde) nie. Al uitsondering op hierdie reël is waar die betrokke navorsing eers gepubliseer is as een of meer artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte wat deur die Universiteit Stellenbosch vir dié doel aanvaar word. Dit is vanselfsprekend dat die nodige erkenning in sulke artikels ook gedoen sou wees, naamlik dat die navorsing daarin vervat uitgevoer is aan die Universiteit Stellenbosch. Die Universiteit Stellenbosch kan, in ooreenstemming met artikels 3 en 4 van die beleid oor intellektuele eiendom, kommersiële patente, planttelersregte en ontwerpe en verwante kundigheid, voortspruitend uit 'n student se werkstuk, tesis of verhandeling, ontgin.

Waar kan ek hulp en opleiding kry?
Gebruik die volgende e-leer gidse:

Copyright to consider when writing your thesis (Library Research Week 2016)

PASA copyright information guide

Copyright for librarians - 'n gesamentlike projek van die Berkman Center for Internet & Society en Electronic Information for Libraries (eIFL), 'n konsortium van biblioteke uit 50 lande in Afrika, Asië en Europa. Die doel van die projek is om inligting oor kopiereg aan bibliotekarisse en biblioteekgebruikers in ontwikkelende en oorgangslande te voorsien.

Vir meer
inligting en 'n afskrif van die US se kopieregriglyne, kontak asseblief
die Universiteit Stellenbosch se Kopieregadministrateur: Carol Kat | Tel: +27 21 808 2992.

Nuttige skakels

Cape Higher Education Consortium (CHEC) Publishing Liaison Office

InnovUS, Universiteit Stellenbosch se tegnologie-oordragmaatskappy

Dramatic, Artistic and Literary Rights Organisation (DALRO)

Universiteit Stellenbosch se beleid oor intellektuele goedere

World Intellectual Property Organization (WIPO). 2010. Copyright and Related Rights