|
Verwysing 101 Hierdie werkswinkel sluit 'n inleidende sessie in oor die Universiteit Stellenbosch se belangrikste verwysingsstyle en hoe om korrek te verwys. 'n Oorsig van redes waarom verwysings belangrik is en sommige beste praktyke sal ook ingesluit word. Datum: Woensdag, 14 September, 12h00 – 12h30 Bespreek hier
| Inleiding tot die biblioteek Dit is 'n basiese oriëntering vir kliënte nuut aan die Universiteit Stellenbosch wat nie die geleentheid gehad het om enige ander oriënteringsessie by te woon nie. Datum: Maandag, 19 September, 12h00 – 12h30 Bespreek hier
| Introduction to the Stellenbosch University Library Makerspace This introduction to the new Library Makerspace will help you to determine which of the services and equipment you would find useful and how to get further training. Datum: Maandag, 19 September, 14h00 – 14h30 Bespreek hier
| E-boeke werkswinkel Leer meer oor die biblioteek se e-boekversameling en leer hoe om e-boeke optimaal te gebruik. Datum: Dinsdag, 27 September, 12h00 – 12h30
Bespreek hier
|
Wenke oor hoe om jou tesis te formateer (MS Word) Hierdie werkswinkel sal jou help met sommige van die algemene formateringsfoute wat die meeste nagraadse studente ervaar, terwyl hulle hul dokument gereed maak vir indiening. Datum: DInsdag, 13 September, 11h00 – 13h00 Bespreek hier
| Mendeley vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan Mendeley, 'n gratis hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. Mendeley bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking. Datum: Donderdag, 15 September, 11h00 – 12h30 Bespreek hier
| Hoe om die Institusionele Navorsingsdatabewaarplek, SUNScholarData, te gebruik Meeste befondsers maak die deponering van data verpligtend, wanneer dit deel is van die navorsingsproses wat deur hul befonds word. Hierdie werkswinkel sal 'n oorsig gee van navorsingsdatabewaarplekke en demonstreer die wyse waarop die US se Institusionele Navorsings-databewaarplek funksioneer. Datum: Dinsdag, 20 September, 14h00 – 16h0 Bespreek hier
| Maak belangrike besluite oor die publisering van jou navorsing Hierdie praktiese sessie dek belangrike fatore wat jou sal help besluit waar om jou navorsing te publiseer. Deur die regte keuses te maak, kan jy die aantal lesers en aanhalings van jou navorsing verhoog, publikasievertraging verminder en dus verseker dat jou publikasie vir staatsubsidie in aanmerking kom. Datum: Woensdag, 21 September, 10h00 – 13h00 Bespreek hier
| Verbeter die sigbaarheid van jou navorsingsuitsette deur middel van selfargivering Die Universiteit Stellenbosch se institusionele beleid oor die selfargivering van navorsingsuitsette word saamgestel deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens. Die nakoming van hierdie beleid, wat navorsers vra om kopieë van hul navorsingsuitsette in SUNScholar, ons institusionele bewaarplek te deponeer, kan die sigbaarheid en impak van navorsingsuitsette aansienlik verhoog. Hierdie werkswinkel sal deelnemers meer leer oor die beleid en hoe om aan die beleid te voldoen om toegang tot en sigbaarheid van hul navorsingsuitsette te verbeter. Datum: Donderdag, 22 September, 11h00 – 12h30 Bespreek hier
| Verbeter jou navorsingsimpak Hierdie werkswinkel sal jou wys hoe om jou impak as navorser te verbeter. Datum: Dinsdag, 27 September, 14h00 – 16h00 Bespreek hier
| Data visualisering met Power BI Die werkswinkel is 'n praktiese inleiding tot Power BI, wat gratis beskikbaar is deur die US se Microsoft 365 intekening. Deelneemers sal die volgende leer: - Hoe om die toepassing af te laai en aan MS Excel te koppel
- Hoe om data maklik te begin visualiseer met 'n uitgebreide databasis van beskibare data visualiserings.
- Hoe om verslae te bou
Datum: Woensdag, 28 September, 11h00 – 13h00 Bespreek hier
| Inleiding tot data visualisering met Tableau en RAWGraphs Hierdie werkswinkel sal 'n inleidende kursus wees om jou data deur middel van Tableau Public en RAWGraphs te visualiseer. Albei is gratis produkte en redelik gebruikersvriendelik. Datum: Donderdag, 29 September, 14h00 – 16h00 Bespreek hier
|
|