Oplaai op SUNScholar
SUNScholar is nou gereed om nuwe
nominasies vir die Maart 2018 gradeplegtigheid te ontvang. Riglyne vir die oplaaiproses
op SUNScholar is beskikbaar by die Biblioteek
Hulp-bladsy en Algemene
Jaarboek 2018 vir beleidsriglyne. Om die proses
op te som:
1.
Die finale dokument moet in pdf
formaat opgelaai word. Dit is die weergawe na afloop van eksaminering, nadat
alle korreksies aangebring is.
2.
Die studieleier/ admin personeellid nomineer
die kandidaat via die personeelportaal.
3.
Die tesis/ proefskrif word opgelaai by: https://etd.sun.ac.za/submissions
4.
Die studieleier/ admin personeellid keur die
opgelaaide dokument goed via die
personeelportaal.
5.
Die tesis/proefskrif sal na afloop van die
gradeplegtigheid beskikbaar wees via die Internet.
Die finale datum vir die oplaai
van die tesisse/proefskrifte vir die Maart gradeplegtigheid
is 28 Februarie 2018.
Publikasie van boeke/hoofstukke in boeke en kopiereg
Navrae m.b.t. kopiereg en die publikasie van boeke/hoofstukke
in boeke as ‘n resultaat van ‘n tesis/proefskrif, kan gerig word aan InnovUS.
Gereelde navrae oor tesisse/proefskrifte
Handtekening op
deklarasie/verklaringsbladsy: Neem
asb. kennis dat die handtekening nie langer nodig is nie, en dat die student
bloot sy/haar naam kan intik onderaan die verklaring. Die hele proses word
elektronies gerekordeer, as bewys dat alle partye volgens die beleid handel.
Crest: Indien
studente sukkel om die crest by te voeg, kan hulle dit uitlaat en ons sal seker
maak dit word bygevoeg.