Lees die volledige artikel op the blog Library Research News.
Sedert die 2016 aankondinging dat Web of Science (WoS) en ander produkte van Thomson Reuters aan Clarivate Analytics verkoop is, is daar geleidelik veranderinge aan die databasis se ontwerp aangebring. In Desember 2017 het Clarivate Analytics die volgende veranderinge en opgraderings aangekondig:
Verbeterde Oop Toegang
In samewerking met Impactstory het Clarivate Analytics verbeterde oop toegang filters bygevoeg tot die Web of Science databasis. Jy kan nou geverifieerde, wettige weergawes van hibriede en groen ooptoegangartikels vind. Deur gebruik te maak van oaDOI tegnologie gee WoS skakels na goud, groen en hibriede ooptoegangartikels. Besoek Clarivate Analytics se webblad oor oop toegang vir meer inligting.
Verbeterde soektogte
Die herontwerp van die resultate en sorteringsopsies wanneer 'n soektog uitgevoer word, maak die nuwe WoS baie meer gebruikersvriendelik. Die byvoeg van meer sorteringsopsies en 'n aftrek-kieslys daarvan, vergemaklik soektogte. Die inhoud van die rekord gee nou 'n maklik leesbare oorsig oor die artikel, insluitend bibliometriese inligting wat prominent vertoon word.
Vroeë toegang
WoS aanvaar nou vroeë toegang tot artikels van uitgewers. Hierdie tipe artikel het 'n vaste DOI en publikasiedatum, maar nog geen uitgawe of bladsynommers nie. Vind hierdie artikels deur gebruik te maak van die vroeë toegang (“early access") filter. Dit word gewoonlik opgedateer sodra die publikasiebesonderhede van 'n artikel beskikbaar is.
Daaglikse opdatering
Die WoS Core Collection word nou daagliks opgedateer (Maandae – Vrydae) en stel jou in staat om ook daaglikse aanbevelings (“alerts") te ontvang.
Web of Science Chrome toepassing
WoS het 'n toepassing vir Google Chrome ontwikkel wat dit maklik maak om in die WoS Core Collection of All Databases 'n soektog uit te voer terwyl jy op die internet inligting soek.
Besoek die Clarivate Analytics What's new libguide vir meer inligting.