|
September se #SmartResearcher webinare gaan fokus op hoe om jou navorsingsimpak en die sigbaarheid van jou navorsing te verbeter, die deel en verspreiding van jou data, datavisualisering met sagteware soos MS PowerBI, Tableau Public en RawGraphs en, laastens, 'n inleiding tot ORCID en hoekom dit 'n waardevolle nutsmiddel is vir navorsers. Lees meer hier onder:
Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek ‘n wye reeks onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.
| Verbeter jou navorsingsimpak Hierdie werkswinkel sal jou wys hoe om jou impak as navorser te verbeter. Deelnemers sal die volgende leer: Hoe om sosiale navorsingsnetwerke (ResearchGate, Academia, Mendeley, ens.) optimaal te gebruik Hoe om jou navorsingsprofiel op te bou Hoe om jou sigbaarheid as navorser te verbeter Hoe die rol van wetenskaplike kommunikasie in sosiale media jou impak kan verbeter Hoe om aanhalings van jou navorsingsuitsette to monitor Deelnemers sal verder leer: Hoe om sitaatanalise te doen en altmetrics te meet en waar om die bronne te vind Hoe om aanhalings van jou navorsingsuitsette te verhoog Die sorgsame gebruik van bibliometriese analises Datum: 21 September 2023 @ 14h00 – 16h00 Bespreek hier
| Verbeter die sigbaarheid van jou navorsingsuitsette deur middel van selfargivering Die Universiteit Stellenbosch se institusionele beleid oor die selfargivering van navorsingsuitsette word deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens bestuur. Die nakoming van hierdie beleid, wat vereis dat navorsers kopieë van hul navorsingsuitsette in SUNScholar, ons institusionele bewaarplek, stoor, kan die sigbaarheid en impak van hul navorsingsuitsette aansienlik verhoog. Gedurende hierdie werkswinkel sal deelnemers meer leer oor die beleid en hoe om aan die beleid te voldoen, om sodoende toegang tot en sigbaarheid van hul navorsingsuitsette te verbeter. Datum: 6 September 2023 @ 14h00 – 15h30 Bespreek hier
| Deel en disseminasie van data: Etiese en wetlike oorwegings Die werkswinkel is ontwerp om die metodes en platforms van die deel van data toe te lig. Dit beklemtoon verskeie maniere waarop data gedeel en versprei kan word binne aanvaarbare etiese en wetlike oorwegings.
Datum: 7 September 2023 @ 14h00 – 16h00 Bespreek hier
| Data visualisering met Power BI Die werkswinkel is ‘n praktiese inleiding tot Power BI, wat gratis beskikbaar is deur die US se Microsoft 365 intekening. Deelnemers sal die volgende leer: Hoe om die toepassing af te laai en aan MS Excel te koppel Hoe om data maklik te visualiseer met ‘n uitgebreide databasis van beskibare data visualiserings. Hoe om verslae te bou
Datum: 19 September 2023 @ 14h00 – 16h00 Bespreek hier
| Mendeley vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan Mendeley, 'n gratis hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. Mendeley bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente, sowel as die bou van ‘n akademiese netwerk. Datum: 20 September 2023 @ 11h00 – 13h00 Bespreek hier
| Inleiding tot data visualisering met Tableau Public en RAWGraphs Hierdie werkswinkel sal 'n inleidende aanbieding wees oor hoe om jou data met Tableau Public en RAWGraphs te visualiseer. Albei is gratis en gebruikersvriendelike produkte.
Datum: 26 September 2023 @ 14h00 – 16h00 Bespreek hier
| Bestuur jou unieke navorsersidentiteit met ORCID ORCID is 'n oop, nie-winsgewende, gemeenskapsgedrewe poging om 'n register van unieke navorsersidentiteite te skep en in stand te hou. Dit dien ook as 'n deursigtige metode om navorsingsaktiwiteite en -uitsette aan hierdie identiteite te koppel. Hierdie werkswinkel sal verduidelik wat ORCID is, hoe om jou iD te registreer en met nodige inligting te vul. Datum: 28 September 2023 @ 14h00 – 15h00 Bespreek hier
|
|