Oplaai op SUNScholar
SUNScholar is nou gereed om nominasies vir die Desember 2022-gradeplegtigheid te ontvang. Riglyne vir die oplaaiproses op SUNScholar is beskikbaar by die Biblioteek Hulp-bladsy en Algemene Jaarboek 2022 vir beleidsriglyne.
Om die proses op te som:
1. Die finale dokument moet in pdf formaat opgelaai word. Dit is die weergawe na afloop van eksaminering, nadat alle korreksies aangebring is.
2. Die studieleier/ admin personeellid nomineer die kandidaat via die personeelportaal.
3. Die tesis/ proefskrif word opgelaai by: https://etd.sun.ac.za/submissions
4. Die studieleier/ admin personeellid keur die opgelaaide dokument goed via die personeelportaal.
5. Die tesis/proefskrif sal na afloop van die gradeplegtigheid beskikbaar wees via die Internet.
Publikasie van boeke/hoofstukke in boeke en kopiereg
Navrae m.b.t. kopiereg en die publikasie van boeke/hoofstukke in
boeke as ‘n resultaat van ‘n tesis/proefskrif, kan gerig word aan InnovUS.
Die finale datum vir die oplaai van die tesisse/proefskrifte vir die Desember 2022-gradeplegtigheid is 24 November 2022.
Gereelde navrae oor tesisse/proefskrifte
Handtekening op deklarasie/verklaringsbladsy:
Neem asb. kennis dat die handtekening nie langer nodig is nie, en dat
die student bloot sy/haar naam kan intik onderaan die verklaring. Die
hele proses word elektronies gerekordeer, as bewys dat alle partye
volgens die beleid handel.
US Wapen: Die Scholar-span sal die US wapen laai op die aanvaarde PDF.
Rig alle navrae aan: scholar@sun.ac.za