| #SmartResearcher
Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis. | Data visualisering met Power BI Die werkswinkel is 'n praktiese inleiding tot Power BI, wat gratis beskikbaar is deur die US se Microsoft 365 intekening. Datum: Woensdag, 4 Mei, 14h00 – 16h00 Bespreek hier | Bestuur jou unieke navorsersidentiteit met ORCID ORCID is 'n oop, nie-winsgewende, gemeenskapsgedrewe poging om 'n register van unieke navorsersidentiteite te skep en in stand te hou. Dit dien ook as 'n deursigtige metode om navorsingsaktiwiteite en -uitsette aan hierdie identiteite te koppel. Hierdie werkswinkel sal verduidelik wat ORCID is, hoe om jou profiel te registreer en met nodige inligting in te vul. Datum: Dinsdag, 10 Mei, 11h00 – 12h00 Bespreek hier | Mendeley vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan Mendeley, 'n gratis hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. Mendeley bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking. Datum: Woensdag, 11 Mei, 14h00 – 15h30 Bespreek hier | Verbeter jou navorsingsimpak Hierdie werkswinkel sal jou wys hoe om jou impak as navorser te verbeter. Datum: Dinsdag, 17 Mei, 11h00 – 13h00 Bespreek hier | Maak belangrike besluite oor die publisering van jou navorsing Hierdie praktiese sessie dek belangrike fatore wat jou sal help besluit waar om jou navorsing te publiseer. Deur die regte keuses te maak, kan jy die aantal lesers en aanhalings van jou navorsing verhoog, publikasievertraging verminder en dus verseker dat jou publikasie vir staatsubsidie in aanmerking kom. Datum: Donderdag, 26 Mei, 10h00 – 13h00 Bespreek hier
|
#SmartStudent
Hierdie program is ontwikkel om studente en personeel van inleidende sessies aan biblioteekverwante onderwerpe te voorsien. Vir hierdie doel is hierdie sessies slegs 30 minute lank en u is welkom om enige vrae saam te bring. Daarbenewens het ons 'n paar video-tutoriale ontwikkel vir vinnige hulp. | Afkampus toegang tot Biblioteek E-bronne Deelnemers sal leer hoe om toegang tot Biblioteek E-bronne te verkry terwyl hulle afkampus is. Datum: Woensdag, 4 Mei, 12h00 – 12h30 Bespreek hier | Verbeter jou strategie vir literatuursoektogte Leer om jou literatuursoekstrategie te verbeter om die beste moontlike resultate te kry wanneer jy na inligting in databasisse soek. Datum: Maandag, 9 Mei, 12h00 – 12h30 Bespreek hier
|
|