| Biblioteekwerkswinkels sal in 2022 uit twee reekse bestaan,
naamlik die #SmartResearcher en #SmartStudent reekse. Beide gaan voort in
webinaar-formaat hierdie jaar. Sien hieronder vir meer inligting oor die
Februarie webinare.
Let asseblief op dat jy ‘n skakel
na MS Teams sal ontvang vir elke sessie waarvoor jy registreer.
#SmartResearcher Hierdie
werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en
akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die
sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye
reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.
| Inhandiging van jou tesis/proefskrif tot SUNScholar Is jy gereed om jou
tesis, verhandeling of artikel in te handig by die Biblioteek se digitale
navorsingsbewaarplek in te dien? Hierdie biblioteek-opleidingsgeleentheid vir
nagraadse studente of personeel is ontwerp om praktiese leiding te gee aan
diegene wat gereed is om hul proefskrif/verhandeling/artikel by SUNScholar in
te dien. Datum: Woensdag,
16 Februarie, 11:00-12:00
Bespreek hier | Biblioteekoriëntering vir nagraadse studente en akademiese
personeel Tydens hierdie inleidende
sessie sal deelnemers voorsien word van 'n oorsig van die kerndienste wat
deur die Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens aangebied
word. Onderwerpe sluit in die navigasie van die Biblioteekwebwerf, hoe om hul
weg in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek te vind, hoe om inligting
deur die Biblioteek se talle databasisse te vind, watter gevorderde
navorsingsondersteuningsdienste beskikbaar is en vele ander. Datum: Donderdag,
17 Februarie, 11:00 – 13:00
Bespreek hier | Mendeley vir verwysingsbestuur en akademiese samewerking Die bestuur van jou
verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou
bekendstel aan Mendeley, 'n gratis hulpmiddel wat hoofsaaklik op
verwysingsbestuur fokus. Mendeley bied verskeie dienste, insluitend
verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en
samewerking. Datum: Woensdag,
23 Februarie, 11:00 – 12:30
Bespreek hier
|
#SmartStudent Hierdie
program is ontwikkel om studente en personeel van inleidende sessies aan
biblioteekverwante onderwerpe te voorsien. Vir hierdie doel is hierdie
sessies slegs 30 minute lank en u is welkom om enige vrae saam te bring.
Daarbenewens het ons 'n paar video-tutoriale ontwikkel vir vinnige hulp.
| Inleiding tot die biblioteek Hierdie is 'n basiese
oriëntering vir kliënte nuut aan die Universiteit Stellenbosch wat nie die
geleentheid gehad het om enige ander oriënteringsessie by te woon nie. Datum: 21
Februarie 2022, 12:00-12:30
Bespreek hier Datum: 28
Februarie 2022, 12:00-12:30
Bespreek hier
| Inleiding tot die Universiteit Stellenbosch Innovasieruimte Hierdie inleiding tot die
nuwe Biblioteek Innovasieruimte sal jou help om te bepaal watter van die
dienste en toerusting jy nuttig sal vind en hoe om verdere opleiding te kry
om 3D-gedrukte modelle te skep, Arduino-projekte te bou om data in te samel
en Arduino en Raspberry Pi te gebruik. Datum: 21
Februarie 2022, 14:00-14:30
Bespreek hier Datum: 28
Februarie 2022, 14:00-14:30
Bespreek hier | Vind boeke of artikels met behulp van die Biblioteek se
soekenjin of vakspesifieke databasisse Hierdie werkswinkel is
daarop gemik om kliënte bekend te stel aan die Biblioteek se
ontdekkingsinstrument en akademiese databasisse met die doel om toepaslike
akademiese inligtingsbronne effektief te vind. Datum: 22
Februarie 2022, 09:30-10:00
Bespreek hier | Vind betroubare inligting op Google en Google Scholar Deelnemers sal leer hoe
om toepaslike akademiese inligtingsbronne te vind deur Google en Google
Scholar optimaal te gebruik. Datum: 23
Februarie 2022, 09:30-10:00
Bespreek hier |
|