Weens die voortgaande konstruksie in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek sal toegang via die looparea tussen die boonste en onderste vlakke nie beskikbaar wees nie vanaf Donderdag 20 Januarie tot 3 Februarie 2022. Kliënte moet asseblief die trappe of die hysbak gebruik.
As deel van die opknappingswerk is die draaihekke nader aan die ingang van die Biblioteek geskuif. Neem asseblief kennis dat die Biblioteek se toegansbeheermaatreëls verander is. Kliënte wat nie 'n US studente- of personeelkaart het nie, moet by die veiligheidsbeamptes aanmeld wat in die kiosk links van die hoofingang sit.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat tydens hierdie projek veroorsaak word. Wees egter gerus dat jy ná die projek toegang sal hê tot gerieflike en doeltreffende ruimtes.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.