| Die
Biblioteek- en Inligtingsdiens aan die Universiteit Stellenbosch (US)
gaan voort om diep spore te trap, plaaslik sowel as internasionaal. Die
Senior Direkteur, Me Ellen Tise, gaan 'n paneellid wees in 'n webinaar
van die Verenigde Nasies en Me Naomi Visser mede-aanbieder van 'n
Elsevier Library Connect webinaar.
Albei aanbiedings vind plaas op: Donderdag 13 Augustus 2020 om 16:00 – 17:15 SAST. Me
Tise se deelname sal handel oor die rol wat Suid-Afrikaanse biblioteke
speel in die stryd teen vals inligting, veral in die tyd van COVID-19.
Me Visser sal beste praktyke deel vir die versekering van ononderbroke
toegang tot navorsingsdienste en -bronne tydens die COVID-19
ontwrigtings. Me Tise se mede-paneellede is Me Melissa Fleming (hoof van
die VN se departement van wêreldwye kommunikasie), Dr Dilara Begum
(medeprofessor en voorsitter in die departement inligtingstudies en
biblioteekbestuur, East-West University, Bangladesj), prof Jonathan Hernández
(Biblioteek- en inligtinginstituut, Nasionale Outonome Universiteit van
Meksiko) en mnr Stephen Wyber (bestuurder van beleid en voorspraak,
Internasionale Federasie van Biblioteekverenigings (IFLA)). Die
hoofbibliotekaris van die VN se Dag Hammarskjöld Biblioteek, mnr Thanos
Giannakopoulos, sal modereer. Registreer hier vir die VN Biblioteek webinaar en hier vir die Elsevier webinaar.
|