Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch tesame met die Library and Information Association of South Africa (LIASA) vier van 16 tot 22 Maart 2020 SA Biblioteekweek met die tema Libraries: your partners for life.
Wees 'n vennoot van die Biblioteek deur te skep: Die Makerspace maak binnekort sy deure oop binne die US Biblioteek.
Wees 'n vennoot van die Biblioteek deur te leer: die US Biblioteek het 'n aantal opleidingsessies geskeduleer tydens SA Biblioteekweek. Bespreek nou om jou plek te verseker.
Wees 'n vennoot van die Biblioteek deur te ontdek: besoek Spesiale Versamelings by die US en Musiekbiblioteke of besoek ons digitale versamelings.
Wees 'n vennoot van die Biblioteek deur te deel: US-navorsers word aangemoedig om hul navorsingsdata in ooreenstemming met goeie navorsingsdatabestuurspraktyke te deel en te versprei deur van die institusionele SUNScholarData-navorsingsdatabewaarplek gebruik te maak.
Besoek ons gerus om meer te wete te kom oor ons dienste en ons vennootskap met jou.