Turn on more accessible mode
Turn off more accessible mode
Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Turn off Animations
Turn on Animations
FollowFollow Focus on Content Focus on Content

Stellenbosch logo

We are loading, please wait

Please make sure Javascript is enabled

  • Stellenbosch University
  • Library AND Information Service
  • English | Afrikaans
    Stellenbosch University Home

Find

Books & other items
Articles
E-books
E-databases
E-journals
Short loans
E-reference works
E-newspapers
E-theses
SU research data
SU research output
Journals SU hosted
Digital collections
E-resources on trial
Western Cape library catalogues

Using the library

Library hours
Borrowing
Borrowing from other libraries
Bookings
Short Loans guidelines for lecturing staff
Print, copy & scan
Undergraduate guide
Postgraduate & researcher guide
Prospective postgraduate guide
Staff guide
Alumni guide
Visitor guide
CHELSA member guide
CHELiN member guide

Research

Carnegie Research Commons
Research impact
Research data management
Bibliographic reference management
Open Access
Digital collections
Digital Humanities
Generic training - SmartResearcher workshops
Special Collections
Library Research Week

Learning

Step-by-step guide
Learning Commons
Digital and Information Skills
Course Reading Lists in SUNLearn
Library training calendar
Generic training - SmartStudent workshops
Generic training - SmartResearcher workshops
Module specific training
Request a training session
Library guides
Training tutorials & videos

Libraries

Stellenbosch University Library
Medicine & Health Sciences
Engineering & Forestry
Music
Theology
USBL
Departmental libraries

Help

Ask a Librarian
Give feedback
Comply with copyright
Off-campus e-access
Training tutorials & videos
SU Library floor plan
Locate & access books
Assignment help
Thesis/dissertation submission
Wireless access
FAQs

About us

Contact us
Give feedback
Strategic plan
Statistical snapshot 2021
Library statistics dashboard
Publications
Conferences & symposia
Quality assurance
  • Admin Sign In
    • English
      • Find
        • Search and find
      • Using the library
        • Services
      • Research
        • Services
      • Learning
        • Services and spaces
      • Libraries
        • Resources
      • Help
        • Guides
      • About usCurrently selected
        • About the library
  • Search this site
Search
  • Advanced Search | Databases A-Z list | e-Journals A-Z list
Bibnuus / BibNews
Navigate Up
This page location is:
  • Home
    • English
      • About Us
        • Bibnuus / BibNews
          • Pages
            • 2006-03
              • bibnuus_afr

Bibnuus / BibNews
 

  • Home
    • English
      • About us
        • Bibnuus / BibNews

Stellenbosch Universiteit Biblioteekdiens - BIBNUUS

Maart 2006

Universiteit Stellenbosch Biblioteekdiens           ENGLISH         Stellenbosch University Library Service

Biblioteekweek (13-18 Maart 2006)

Biblioteekweek is twee weke gelede gevier met 'n Web vasvra  kompetisie; 'n uitstalling oor biblioteke van die wêreld, boetegrasie en GetWise@URLibrary opleiding oor Science Direct en SA ePublications.

BAIE GELUK aan die WENNER van die Biblioteekweek kompetisie: Yuriy Tsupko.
 

Biblioteekdatabasisse nou maklik van buite die kampus toeganklik

Nuwe verifikasie sagteware maak dit nou vir buite-kampus kliënte maklik om deurgaans toegang te kry tot biblioteekdatabasisse en elektroniese tydskrifte.

Kliënte wat van buite die kampus toegang wil kry, kan op die Biblioteekwebwerf bloot op die skakel “buite-kampus toegang” langs die titel van die databasis kliek en met sy/haar netwerkgebruikernaam en -wagwoord aanteken.


Alhoewel die meerderheid databasisse op die wyse beskikbaar is, sluit dit om tegniese redes nie alle databasisse in waaroor die Biblioteekdiens beskik nie.

Navrae: Johan Mouton, tel.: 808-4641

 

Maatreëls tydens kragonderbrekings

 

Kragonderbrekings raak die JS Gericke Biblioteek soos volg:
 

Slegs beperkte diens soos uitreikings en terugbesorgings kan gelewer word.

Slegs gedeeltelike beligting is beskikbaar.

Geen lugreëling en rekenaartoerusting is beskikbaar nie.

Langdurige kragonderbrekings sal op ‘n dag-tot-dag basis gemonitor word en reëlings sal aangepas word op grond van die noodkragvoorsiening en die lugversorging situasie.

Na-ure sal die Biblioteek, om die volgende redes, in die somer ongeveer 19:30 en in die winter 17:30 sluit:
 

  • Die noodkragopwekker kan slegs vir vier ure aaneen funksioneer, waarna dit hervul moet word.

  • Die kragopwekker verskaf ongeveer 33% van die normale beligting in die gebou, wat onvoldoende is vir studie-doeleindes.

  • Omdat die Biblioteek ondergronds gehuisves is, hou dit vir personeel en kliënte ’n gesondheidsrisiko in indien die lugreëling in die gebou nie werk nie.

  • Aangesien dit tydens kragonderbrekings stikdonker op kampus is, skep dit ‘n ernstige risiko vir die paar, hoofsaaklik vroulike, personeellede wat aan diens is.


  • Navrae: Johan Engelbrecht, tel.: 808-4878

     

    Boeke nou deels deur Google en Yahoo toeganklik

    'n Ooreenkoms tussen WorldCat en Google het tot gevolg dat die Biblioteekdiens se boekvoorraad nou ook deur middel van Google en Yahoo vindbaar is.

    Tik die aanhaling “find in a library” in die soekstrategie en kies South Africa - Stellenbosch.

    Die totale biblioteekversameling kan egter nie so gevind word nie.   Dit is dus belangrik om die elektroniese biblioteekkatalogus (Aleph) en kaartkatalogus te gebruik vir ’n soektog in die volledige biblioteekversameling.

    Navrae: Marianna Kritzinger, tel.: 808-4888

     

    Interlenings: prosedures m.b.t. rekwisisies

    'n Afsonderlike rekwisisievorm word vereis vir ELKE personeellid en student wat gemagtig is om interleningmateriaal teen 'n rekwisisie-nommer aan te vra. 


    Elke interlening rekwisisievorm moet duidelik die naam van die aanvraer, sy/haar handtekening, rekeningnommer asook die kontakbesonderhede van die departement se sekretaresse aandui. Let asseblief ook daarop dat rekwisisievorms kwartaalliks opnuut by die Interleningafdeling voltooi moet word.

    Navrae: Anli van Santen, tel.: 808-4872

     

    Ingenieurs- en Bosboubiblioteke smelt saam

    Die versameling van die Bosboubiblioteek het onlangs verskuif na die Ingenieursbiblioteek. Alle Bosboumateriaal is dus nou beskikbaar by die "nuwe" Ingenieurs- en Bosboubiblioteek. Op die Biblioteekkatalogus sal items wel nog vertoon as "Bosbou".

     

    Die samesmelting van die twee biblioteke is gevier tydens 'n klein geleentheid op die 17de Maart.

     

    Navrae: Corinna Truter, tel.: 808-4301

     

    Nuwe Databasisse

    SpringerLink Online Journal Collection is die nuutste databasis wat by die Biblioteekdiens se versameling van elektroniese inligtingsbronne gevoeg is.  Dié databasis verskaf, onder andere, toegang tot meer as 1,200 volteks tydskrifte.

    Alle tydskrifte wat na 1996 gepubliseer is, is in volteks formaat beskikbaar.

    As gevolg van 'n samesmelting tussen Kluwer Academic Publishing en Springer-Verlag is Springer nou die wêreld se tweede grootste verskaffer van wetenskaplike, tegniese en mediese literatuur.

    Die samesmelting het ook tot gevolg dat sewe nuwe dissiplines gedek word, naamlik: opvoedkunde, geografie, geesteswetenskappe, linguistiek, filosofie, sielkunde en sosiale wetenskappe.

    Navrae: Johan Mouton, tel.: 808-4641

     

    Nuwe vakbibliotekarisse vir Agriwetenskappe

    Carine Tymbios en Hanlie Strydom, voorheen verbonde aan die Biblioteekdiens se kommersiële inligtingsdiens, INFOBANK, lewer sedert Januarie vanjaar ’n vaknaslaandiens aan die Fakulteit Agriwetenskappe.

    Carine is soggens beskibaar tussen 08:00 en 12:45 en Hanlie tussen 11:45 en 16:30.

    Navrae: Carine Tymbios of Hanlie Strydom by tel.: 808-4345

     

    Nuwe boeke


            

     

    'n Seleksie van nuwe boeke word weekliks op die Biblioteektuisblad uitgestal.  Kliek hier om nog te sien ...

     

    Nuwe aanstellings

     

    Yumna Williams is vanaf 6 Maart in ’n ad hoc-pos aangestel by die Uitleenafdeling van die JS Gericke Biblioteek.

     

    Baie welkom Yumna!

     

     

     

    Rekenaartoegang in JSG verbeter

    Twintig bykomende rekenaars is op die onderste vlak van die JS Gericke Biblioteek geplaas om die beskikbaarheid van rekenaars te verbeter.  Die maatreël spreek een van die grootste knelpunte aan wat tydens die LibQual meningsopname aan die lig gekom het.  Die rekenaars beskik almal oor Internet-toegang, e-pos fasiliteite, woordverwerking en sigblad fasiliteite.

    Daar is ook ruim voorsiening gemaak vir netwerktoegang vir skootrekenaargebruikers asook vir diegene wat die koordlose netwerktoegang wil benut.

     

    Navrae: Wouter Klapwijk, tel.: 808-4378

     

    Uitstalling:
    "Dynamic Beijing"

    'n Uitstalling onder beskerming van die Chinese Ambassade word tans in die JS Gericke Biblioteek gehou.

     

    Hierdie foto-uitstalling met die titel: Dynamic Beijing: photo exhibition in commemoration of the 56th anniversary of the founding of the People's Republic of China, dek alle aspekte van Beijing: die hede, verlede, ekonomie en opvoedkunde.

     

    Navrae: Marié Roux, tel.: 808-2623

     

    Maatreëls om beskikbaarheid van boeke te verbeter

    Die LibQual-meningsopname oor biblioteekdienslewering wat verlede jaar uitgevoer is, het daarop gedui dat kliënte dikwels nie die boeke wat hulle benodig in die hande kan kry nie.

    Op grond hiervan is uitleenvoorregte hersien: Nie-universiteitslede se uitleenvoorregte is vervolgens ingekort. Primêre kliente se uitleenvoorregte is onveranderd gelaat, maar boeke sal voortaan slegs twee keer hernu kan word.

    Navrae: Anemarie Schoeman, tel.: 808-3722

     

    Afhaal van biblioteekmateriaal deur derde party

    Wanneer biblioteekmateriaal deur ’n derde persoon by die JS Gericke Biblioteek afgehaal word, moet dié persoon asseblief elke keer ’n toestemmingsbrief toon wat bevestig dat hy/sy gemagtig is om materiaal namens iemand anders af te haal.

    Vorms vir hierdie doel is by die Uitleentoonbank beskikbaar.

    Navrae: Niël Mostert, tel.: 808-4883

    Bibnuus word kwartaalliks uitgegee deur die Biblioteekdiens se Afdeling Beplanning en Bemarking.
    Ons verwelkom kommentaar.  Stuur asseblief 'n e-pos aan Lucia Schoombee of Marié Roux
    Erkenning: Sonja Badenhorst vir die titelbanier.

     

      • Find
      • Using the Library
      • Research
      • Learning
      • Libraries
      • Help
      • About Us
    Contact Details

    Stellenbosch University Library and Information Service, Helpline Numbers: +27 21 808 4883, Corp Office / Postal Address: Private Bag X5036 Stellenbosch, 7599

    Stellenbosch logo

    Staff Portal
    © 2025, Stellenbosch University Library and Information Service, All rights reserved
    • Find
    • Using the library
    • Research
    • Learning
    • Libraries
    • Help
    • About us
      • Contact us
      • Library strategic plan
      • History of Stellenbosch University Library
      • History of branch libraries
      • Statistical snapshot
      • Library statistics dashboard
      • Publications
      • Conferences & symposia
      • Quality assurance
      • Bibnuus / BibNewsCurrently selected
      • About the library