Oplaai op SUNScholar
SUNScholar is nou gereed om nuwe
nominasies vir die Desember 2018 gradeplegtigheid
te ontvang. Riglyne vir die oplaaiproses op SUNScholar is beskikbaar by die
Biblioteek
Hulp-bladsy en Algemene
Jaarboek 2018 vir beleidsriglyne. Om die
proses op te som:
1.
Die finale dokument moet in pdf
formaat opgelaai word. Dit is die weergawe na afloop van eksaminering, nadat
alle korreksies aangebring is.
2.
Die studieleier/ admin personeellid nomineer
die kandidaat via die personeelportaal.
3.
Die tesis/ proefskrif word opgelaai by: https://etd.sun.ac.za/submissions
4.
Die studieleier/ admin personeellid keur die
opgelaaide dokument goed via die
personeelportaal.
5.
Die tesis/proefskrif sal na afloop van die
gradeplegtigheid beskikbaar wees via die Internet.
Die finale datum vir die oplaai
van die tesisse/proefskrifte vir die Desember 2018 gradeplegtigheid is 28 November 2018.
Publikasie van boeke/hoofstukke in boeke en kopiereg
Navrae m.b.t. kopiereg en die publikasie van
boeke/hoofstukke in boeke as ‘n resultaat van ‘n tesis/proefskrif, kan gerig
word aan InnovUS.
Gereelde navrae oor tesisse/proefskrifte
Handtekening op
deklarasie/verklaringsbladsy: Neem
asb. kennis dat die handtekening nie langer nodig is nie, en dat die student
bloot sy/haar naam kan intik onderaan die verklaring. Die hele proses word
elektronies gerekordeer, as bewys dat alle partye volgens die beleid handel.
US Wapen: Die
Scholar-span sal die US wapen laai op die aanvaarde PDF.