| Geskiedenis van Universiteit Stellenbosch Biblioteek |

Vroeë jare

Die oorsprong van die Universiteit Stellenbosch dateer terug na die Stellenbosch Gimnasium wat in 1866 gestig is. In 1874 het die Gimnasium 'n eie professorale afdeling gestig, die Arts Department, wat gelei het tot die stigting van die Stellenbosch Kollege in 1881. In 1887, die jubileumjaar van Koningin Victoria se bewind, is die Kollege se naam verander na die Victoria Kollege van Stellenbosch en op 2 April 1918 is die Universiteitswet, ingevolge waarvan die Victoria Kollege vervang is deur die Universiteit Stellenbosch, bekragtig.

In 1895 verskyn 'n kennisgewing in die Jaarboek van die Victoria Kollege wat lui "die Kollege het 'n lees- en naslaanbiblioteek vir studente se gebruik en in die afgelope jaar is 'n addisionele kamer as die leeskamer gereserveer". Hierdie leeskamer was in die Ou Hoofgebou geleë en die materiaal wat daar beskikbaar was, was afkomstig van die versamelings van die Stellenbosch Gimnasium, die Lettere Departement van die Gimnasium en die Stellenbosch Kollege, later bekend as die Victoria Kollege.

Gedurende die eerste paar jaar van sy bestaan het die Victoria Kollege 'n klein versameling boeke besit, wat eenvoudig onvoldoende en onvanpas was vir 'n akademiese instelling. Prof. William Thomson het hieroor in 1893 opgemerk: "Dit verg 'n baie praktiese verbeelding om die klein boekrakkie in die Raadsaal 'n biblioteek te noem. Dit is nie baie inspirerend om te sien hoe studente wag vir die volgende voeding deur die professionele voedingsbottel in plaas daarvan om gewoontes van onafhanklike studie en navorsing in 'n goed toegeruste biblioteek aan te leer nie".

Dit was heel moontlik hierdie frustrasie wat veroorsaak het dat twee studente, JBM Hertzog en W Neethling, in 1888 die Senaat gaan spreek het om te vra vir die voorsiening van gepaste huisvesting vir die bestaande versameling. Studente was gretig om naslaanmateriaal te voorsien, die biblioteek te organiseer en toesig te hou. Hulle het ook geld ingesamel om op tydskrifte in te teken. Die Junior Debatsvereniging, die Victoria Kollege Vrywilligerskorps en die Kadette het ook betrokke geraak en dit het gelei tot die vestiging van 'n "lees- en naslaanbiblioteek” in 1895, soos aangedui in die Jaarboek.

Die eerste biblioteekgebou

Teen die einde van die eeu het die stigting van 'n "kollegebiblioteek en -museum" egter noodsaaklik geword. Te danke aan 'n ruim donasie van 'n weldoener van Stellenbosch, mnr CL Marais, en bydraes van die Stellenbosch Distriksbank en die Koloniale Regering, het die oprigting van 'n biblioteekgebou aan die noordelike kant van Kollege Plein in 1900 begin, en dit is in 1901 voltooi.

Die sierlike nuwe gebou is vernoem na mnr CL Marais en was die eerste gebou in die geskiedenis van die Universiteit wat vir hierdie spesifieke doel gebou is. Dit het egter ook vir ongeveer 20 jaar die administratiewe kantore van die Victoria Kollege gehuisves en sommige vertrekke in die gebou is gebruik as Raadsale en Senaatskomiteekamers.

Die eerste bibliotekaris, mnr JH Rose, was ook die opsigter van die Kollegeterrein. Teen 1904 het die biblioteek 1 000 boeke besit. In hierdie jaar is die bestuur van die biblioteek vanaf die Raad na die Senaat oorgedra, en 'n staande biblioteekkomitee is deur die Senaat aangewys, 'n praktyk wat tot vandag toe volgehou word.

Met die stigting van die Universiteit Stellenbosch in 1918, het die CL Marais Biblioteek voortgegaan met sy belangrike taak. In ongeveer 1920 het die administratiewe kantore van die Universiteit na 'n ander perseel geskuif. Mnr GV (George) Marais is in 1926 aangewys as Bibliotekaris en was Hoofbibliotekaris tot 1967, 'n tydperk van 42 jaar. Ten spyte van 'n tekort aan personeel in die beginjare, het die biblioteek 'n uitstekende diens gelewer en in 1928 het die Universiteitskommissie gerapporteer dat die "biblioteek beskou kan word as 'n model en inspirasie vir ander instansies".

'n Nuwe denkrigting

In 1926 moes die CL Marais Biblioteek uitgebrei word en teen 1938 het dit duidelik geword dat 'n algehele nuwe denkrigting nodig was.

In 1912 het die Skots-Amerikaanse miljoenêr Andrew Carnegie £6 000 geskenk vir die uitbreiding en instandhouding van die biblioteek van die Victoria Kollege. 'n Addisionele donasie van £1 500 van die Carnegie Korporasie aan die Universiteit Stellenbosch in 1938, asook bydraes van alumni, het die Universiteit in staat gestel om 'n nuwe biblioteek te bou.

In 1938 is die Carnegie-gebou opgerig op die Pavillion-rugbyvelde, aangrensend aan en noord van die huidige Administrasiegebou (Blok B). Hierdie gebou het die tuiste van die Universiteitsbiblioteek vir die volgende 50 jaar geword.

Na die skuif na die Carnegie Biblioteek is addisionele personeellede aangestel en teen 1945 het die biblioteekvoorraad gegroei tot 97 167 volumes. Ten tye van die aftrede van mnr Marais in 1967 was daar 45 personeellede en was die biblioteekdiens goed gevestig.

In 1967 is mnr Francois du Plessis, wat in 1945 by die biblioteekpersoneel aangesluit het, as Universiteitsbibliotekaris aangewys. Danksy sy professionele en akademiese vaardighede, sy liefde vir boeke en sy kennis van die boekbedryf, kon mnr Du Plessis die Universiteitsbiblioteek tot 'n onmisbare bron van inligting ontwikkel.

Die Biblioteek gaan ondergronds

Voor sy aftrede in 1983 was mnr Du Plessis ook aktief betrokke by die beplanning van die volgende (die huidige) fase van die Universiteitsbiblioteek, naamlik die oprigting van die JS Gericke Biblioteek, vernoem na dominee JS (Kosie) Gericke, Visekansellier van die Universiteit van 1952 tot 1981.

Die bouwerk aan die JS Gericke Biblioteekgebou het in 1981 begin, en in 1983 het die skuif na die nuwe gebou plaasgevind.

Hierdie gebou is op 'n unieke plek geleë - onder die sentrale Jan Marais Plein. Tydens die beplanning van 'n nuwe biblioteek is gevind dat, afgesien van die Jan Marais Plein, geen sentraal-geleë boupersele op kampus beskibaar was nie. Die historiese belang van die Jan Marais Plein en die boukundige estetika van die historiese geboue rondom die plein, het egter beteken dat hierdie terrein nie ontsier kon word met 'n verdiepinggebou nie. Gevolglik is daar besluit om ondergronds te bou.

Die JS Gericke Biblioteek kan ongeveer een miljoen volumes akkommodeer. Daar is ook 1 400 studiesitplekke, 10 seminaarkamers, 27 studiehokkies en 'n goed-toegeruste lesingsaal met 146 sitplekke.

In die middel-tagtigerjare is op 'n nuwe gemeenskaplike naam vir die JS Gericke Biblioteek, die ses tak- en satellietbiblioteke en die verskeie departementele versamelings besluit, naamlik die Universiteit Stellenbosch Biblioteekdiens.

Prof JH (Hennie) Viljoen is in 1984 as Direkteur van die Biblioteekdiens aangestel, na die aftrede van mnr Du Plessis. In 1987 het prof Viljoen professorale status ontvang op grond van sy deeltydse onderrigposisie by die Departement Inligtingwetenskap, en in 1993 is sy posisie as Direkteur van die Biblioteekdiens verhoog na Senior Direkteur.

Onder sy leierskap het die Biblioteekdiens gegroei tot 120 voltydse personeellede en verskeie mylpale is bereik: onder andere die instelling van dienste in die nuwe JS Gericke Biblioteek; die rekenarisering van die Biblioteekdiens; die instelling van 'n voorraadontwikkelingsbeleid en 'n formule vir die toewysing van fondse; die instelling van 'n suksesvolle kommersiële inligtingsdiens (Infobank); 'n prestasiegebaseerde evalueringstelsel vir personeel; en 'n formele ooreenkoms tot streeksamewerking tussen die destydse vyf tersiêre instellings in die Wes-Kaap (CHELiN).

Onder die direkteurskap van prof Viljoen het die Biblioteek- en Inligtingsdiens die elektroniese inligtingsera met erns betree en het dit op die voorpunt van ontwikkelings in hierdie veranderende omgewing gebly.

Me ER (Ellen) Tise is tans die Senior Direkteur van die Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens.