Inligtingsdiens & navorsingsondersteuning
Die volgende biblioteekwebblaaie en -gidse kan geraadpleeg word:
Maak 'n afspraak met jou
fakulteitsbibliotekaris.
'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by
"Vra 'n bibliotekaris" (Ask a Librarian).
Vind boeke, artikels & ander inligtingsbronne
Soek biblioteekbronne via die biblioteektuisblad of kies E-databasisse of E-Joernale vanaf die VIND-spyskaart. Aanwysings is beskikbaar by
Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien
Find information.
Vind jou pad deur die biblioteek
Inleiding tot die fisiese en virtuele biblioteek:
- Universiteit Stellenbosch Biblioteek :
Vloerplan
- Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe Biblioteek:
Vloerplan
Biblioteekoriëntering en -opleiding
Raadpleeg die volgende opleidingskalenders:
'n Ander opsie is om vir 'n persoonlike opleidingsessie via
Ask a Librarian te vra.
Afkampus- e-toegang
Al die elektroniese bronne waarop die Biblioteek- en Inligtingsdiens inteken, is via die
biblioteektuisblad ook vanaf huis-, kantoor- en skootrekenaars of selfone toeganklik. Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam en -wagwoord om in te teken. Sien
Afkampus- e-toegang.
Afkampusdokumentlewering
Biblioteekmateriaal kan teen betaling na studente wat nie op kampus is nie, gestuur word. Sien
Afkampusdokumentlewering.
Interbiblioteeklenings
Items wat nie in enige van die US-biblioteke beskikbaar is nie, kan van 'n ander biblioteek aangevra word. Sien
Interbiblioteeklenings.
Reserwe
- Items wat dikwels gebruik word
- Slegs beskikbaar vir US-studente en -personeel
- Aantal items: 3
- Uitleenperiode tydens biblioteekure vir gebruik binne die biblioteek: 3 ure
- Uitleenperiode wanneer die biblioteek gesluit is: oornag (uit 30 min voor sluitingstyd; terug 30 min na oopmaaktyd)
- Boetes vir laat items: R10.00 per uur na 'n grasieperiode van 30 min
Internet & koordlose toegang
Internet
en koordlose toegang is beskikbaar aan personeel en studente wat by die
Universiteit Stellenbosch vir netwerktoegang geregistreer is. Sien Koordlose toegang.
Internet
via die EduRoam wêreldwye koordlose netwerkdienste vir die
internationale navorser en onderwys gemeenskap,
is toeganklik vir besoekende studente, navorsers en personeel
van deelnemende instansies.
Druk, kopieer & skandeer
Studente
en personeel kan by enige 'secure pull print' drukker in die biblioteek
druk, kopieer of skandeer deur hul studente-/personeelkaart te gebruik.
Sien
Druk, kopieer & skandeer.
Lokaalbesprekings
'n Verskeidenheid lokale is vir bespreking beskikbaar. Sien
Besprekings.