van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is toeganklik vir personeel van die Universiteit. Toegang tot die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en die takbiblioteke is met 'n geldige US-personeelkaart. Sien
.
Inligtingsdiens & navorsingsondersteuning
Die volgende biblioteekgidse kan geraadpleeg word:
Maak 'n afspraak met jou
fakulteitsbibliotekaris.
'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by
"Vra ons" (Ask a Librarian).
Vind boeke, artikels & ander inligtingsbronne
Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies E-databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart. Aanwysings is beskikbaar by
Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien
Find information.
Vind jou pad deur die biblioteek
Inleiding tot die fisiese en virtuele biblioteek:
Universiteit Stellenbosch Biblioteek:
Vloerplan
Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe Biblioteek:
Vloerplan
Internet & koordlose toegang
Internet en koordlose toegang is beskikbaar in al die biblioteke aan personeel en studente wat by die Universiteit Stellenbosch vir netwerktoegang geregistreer is. Sien
Koordlose toegang.
Biblioteekoriëntering & -opleiding
Raadpleeg die volgende opleidingskalenders:
'n Ander opsie is om vir 'n persoonlike opleidingsessie via
Ask a Librarian te vra.
Elektroniese bronne
Die soekfunksie op die biblioteektuisblad soek deur die Biblioteek se elektroniese bronne.
Afkampus e-toegang
Al die elektroniese bronne waarop die Biblioteek- en Inligtingsdiens inteken is via die
biblioteektuisblad ook vanaf huis-, kantoor- en skootrekenaars of selfone toeganklik. Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam en -wagwoord om in te teken. Sien
Afkampus- e-toegang.
Druk, kopieer & skandeer
Studente en personeel kan by enige 'Secure pull print' drukker in die biblioteek druk, kopieer of skandeer deur hul studente-/personeelkaart te gebruik. Jy kan ook druk, kopieer of skandeer deur jou studente-/personeelkaart by die
Maties Copy & Print winkel in die
Neelsie Studentesentrum
te gebruik. Sien
Druk, kopieer & skandeer.
Interbiblioteeklenings
Items wat nie in enige van die US-biblioteke beskikbaar is nie, kan van 'n ander biblioteek aangevra word. Sien
Interbiblioteeklenings.
Reserwe
Die reserwediens verskaf vir kort periodes toegang tot materiaal wat dikwels gebruik word, ten einde te verseker dat dit vir 'n groot groep kliënte
toeganklik is. Sien
Reserwe-riglyne vir doserende personeel.
Lokaalbesprekings
'n Verskeidenheid lokale is vir bespreking beskikbaar. Sien
Besprekings.