PATRON-DRIVEN
ACQUISITIONS FOR E-BOOKS
Sien Afrikaans onder
There is a new buzz word in the world of
library e-book acquisitions, namely patron-driven acquisitions, PDA for
short. In some environments it is known as demand-driven acquisitions
(DDA). In 2014, Stellenbosch University Library and Information Service
decided to find out what the buzz is all about, if it is something that
could work for us.
According to Wikipedia, patron-driven acquisition “is a model of library
collection development in which a library only purchases digital
content, like e-books and e-journals, when it is clear that a patron
wants them.” This would generally mean that an e-book supplier provides
a library with temporary access to a selection of e-books. Patrons can
access these e-books via the library’s catalogue and when certain
thresholds are reached for an item (e.g., number of pages read or number
of requests), the library purchases the item.
Although many companies offer a PDA model, the product of choice for SU
LIS’s first PDA agreement was EBL, an aggregated e-book product with
nine years’ experience of supplying e-books under PDA agreements to
libraries. According to our agreement with EBL, the catalogue records of
about 25 000 pre-selected e-books were loaded into the library’s
catalogue and have been accessible to SU patrons since the middle of
May. Every book is allowed up to three short-term loans (STLs) of 24
hours each, costing the Library a percentage of the book’s price per
loan. After the third STL, the book is purchased. A system of mediated
purchases makes it possible for the Library to intervene at certain
stages of the process.
Naomi Visser
Back to contents page
KLIëNT-GEDREWE AANWINSTE
VIR E-BOEKE
Daar is ’n nuwe gonswoord in die omgewing
van e-boekaanwinste, naamlik kliëntgedrewe aanwinste (PDA). In sommige
omgewings word ook gepraat van vraag-gedrewe aanwinste. In 2014 het die
Biblioteek- en Inligtingsdiens besluit om die saak te ondersoek en te
toets.
Volgens Wikipedia is kliëntgedrewe aanwinste ’n model van
voorraadontwikkeling waarvolgens ’n biblioteek slegs digitale inhoud
soos e-boeke en e-tydskrifte aanwins indien daar ’n duidelike aanduiding
is dat kliënte dit wil hê en gebruik. In die praktyk kom dit daarop neer
dat ’n e-boekverskaffer ’n biblioteek tydelike toegang gee tot ’n
seleksie van e-boeke. Kliënte het toegang tot hierdie e-boeke via die
biblioteek se katalogus en wanneer sekere drempels vir ’n item bereik
word (bv. aantal bladsye gelees of aantal versoeke), word die item
aangewins.
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het EBL gekies vir die eerste PDA
ooreenkoms. EBL het al reeds nege jaar se ondervinding van die
PDA-model. Volgens die ooreenkoms met EBL is die katalogusrekords van
ongeveer 25 000 voorafgekeurde e-boeke sedert die middel van Mei deur
middel van die Biblioteek se katalogus vir gebruikers toeganklik. Elke
boek kan tot drie keer vir ’n kort periode van tot 24 uur geleen word en
ná die derde lening word die boek aangewins. Elke lening kos die
biblioteek ’n persentasie van die boek se prys. ’n Stelsel van mediasie
maak dit vir die Biblioteek moontlik om op enige stadium in die proses
in te gryp.
Naomi Visser
Terug na
Inhoudsopgawe
|