BiBNuus
Library homepage
Koordlose toegang in JS Gericke Biblioteek
As 'n uitvloeisel van 'n e-Kampus projek wat die tekort aan rekenaarsitplekke vir studente op kampus ondersoek het, is koordlose toegang vir skootrekenaar-gebruikers nou in die JS Gericke Biblioteek beskikbaar. Enige student of personeellid wat dus 'n skootrekenaar of ander koordlose toestel (soos 'n PDA) het wat aanpasbaar is met die 802.11BG kommunikasiemedium kan registreer om sy/haar toerusting op die koordlose netwerk in die JS Gericke Biblioteek te gebruik.
Kliënte se toerusting word deur die IT Studentehulpsentrum, Merrimanlaan 60, opgestel tydens die registrasie proses en enige probleme met toegang kan by die Biblioteek se IT afdeling aangemeld word.
Die hele vloeroppervlak van die JS Gericke Biblioteek is gedek vir koordlose toegang, maar kliënte moet asseblief daarop let dat hulle die koordlose sein met ander gebruikers deel, wat stadiger toegang tot gevolg mag hê. Kliënte word dus gemaan om nie die koordlose netwerk te gebruik om groot lêers van die Internet af te laai nie.
Navrae kan gerig word aan Wouter Klapwijk by tel.: 808-4378 of e-pos: wklap@sun.ac.za
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.