BiBNuus
Library homepage
Google Scholar betree wetenskapsterrein
Gereelde gebruikers van Google sal bly wees om te hoor dat ’n soekenjin ontwikkel is wat dit makliker maak om wetenskaplike inligting op te spoor.
Die nuwe soekhulpmiddel, wat as Google Scholar (www.scholar.google.com) bekend staan, is in November 2004 in ‘n toetsweergawe bekendgestel. Spreekwoordelik skei dié soekenjin die koring van die kaf deurdat soektogte tot wetenskaplike literatuur afgebaken word. Universiteitslede binne die kampus-netwerk herwin ook dié inligting waarop die Universiteit ingeteken is. Die soekenjin sluit bykomend verwysings na boeke in en lei jou na 'n biblioteek in jou omgewing waar die boek beskikbaar is. Google Scholar is veral geskik vir informele of verkennende navorsing. Vir ernstige, wetenskaplike navorsing moet dit egter net addisioneel tot biblioteekdatabasisse gebruik word. ’n Volledige lys van biblioteekdatabasisse en nuttige skakels is op die Biblioteekdiens se webwerf by http://www.sun.ac.za/library beskikbaar.
Vir navrae of meer inligting skakel gerus vir Johan Mouton by tel.: 808-4641 of e-pos: jjm@sun.ac.za of Lucia Schoombee by tel.: 808-2623 of e-pos: lcs1@sun.ac.za.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.