BiBNuus
Library homepage
Allerlei
Interleningsitems wat nie afgehaal word nie lei tot groot finansiële verliese Alle interleningitems wat by die JS Gericke Biblioteek aangevra word, moet asseblief by die Uitleentoonbank van dié Biblioteek afgehaal word. Finansiële sowel as mannekragverliese word gely weens items wat nie afgehaal word nie. Let asseblief ook daarop dat aangevraagde materiaal nie meer by die Interleningafdeling gehou word nie. Jou samewerking in die verband sal baie waardeer word. Vir meer inligting, kontak gerus vir Anemarie Schoeman by tel.: 808-3722 of e-pos: ass@sun.ac.za. Verlore kaarte moet aangemeld word Studente en personeel wat hul US-kaarte verloor, moet dit so gou as moontlik by die uitleentoonbank aanmeld om ongerymdhede te voorkom. Persone wie se kaarte gesteel is, loop die risiko om verantwoordelik gehou te word vir biblioteekmateriaal wat met die kaarte uitgeneem word. Studente en personeel word ook herinner dat 'n geldige US-kaart vereis word wanneer enige transaksie by die Biblioteekdiens uitgevoer word. Die maatreël beskerm bona fide kliënte teen die misbruik van kaarte wat gesteel en/of opgetel word. Vir meer inligting, kontak gerus vir Anemarie Schoeman by tel.: 808-3722 of e-pos: ass@sun.ac.za.
Tydskrifte met CD-ROMs op ooprakke gehou by JS Gericke Biblioteek CD-ROMs wat saam met tydskrifte verskyn (bv. supplemente) of tydskrifte wat slegs in CD-ROM-formaat verskyn, sal voortaan op die tydskrifrakke (oopvloer, JS Gericke Biblioteek) staan. Die CD-houer sal die titel, volume, nommer asook raknommer aandui en die volgende bewoording bevat: "CD slegs vir gebruik in biblioteek op 'n rekenaar gemerk MULTIMEDIA. Rig navrae aan die Inligtingsdienspunt". Vir meer inligting, kontak gerus die Tydskrifafdeling by tel.: 808-4884.
Microfiche/film afdrukke vooruit betaalbaar by JS Gericke Biblioteek Kliënte betaal sedert 27 September 2004 vooruit vir fotokopieë van microfiche/film materiaal (hoofsaaklik tesisse) wat hulle bestel. Hierdie maatreël moes ongelukkig ingestel word as gevolg van die groot finansiële sowel as mannekrag verliese wat gely is weens items wat bestel is maar nie afgehaal is nie. Vir meer inligting, kontak gerus vir Delene Pretorius by tel.: 808-4382 of e-pos: dp2@sun.ac.za.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.