BiBNuus
Library homepage
Getwise@URLibrary
'n Nuwe strategie word vanjaar gevolg om katalogusopleiding vir (veral) studente nommerpas aan te bied op 'n tyd wanneer dit vir hulle gerieflik is, byvoorbeeld wanneer hulle toevallig in die Biblioteek is.
Tussen 17 en 21 Mei sal 'n opleidingstalletjie naby die ingang van die JS Gericke Biblioteek ingerig word waar kliënte tussen 08:00 en 16:30 kan aanmeld vir 'n individuele opleidingsessie van ongeveer 10 minute.
Die opleiding is daarop gemik om basiese soekvaardighede aan te leer soos hoe om boeke en tydskrifte in die biblioteekkatalogus op te spoor, sleutelwoord soektogte te doen en soekresultate te verfyn.
Besoek gerus die stalletjie en WordWys!
Verdere inligting is beskikbaar by: http://www.sun.ac.za/library/training/katalogus.htm of skakel Annemarie Maritz by tel. X2433 of e-pos: am1@sun.ac.za
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.