BiBNuus
Library homepage
Personeel woon LIASA werkswinkel by
[V.l.n.r] Theresa Jooste van die Teologie Biblioteek, Elton Jacobs en Ivan Jacobs van die JS Gericke Biblioteek en Julian Fredericks van die Gesondheidswetenskappe Biblioteek het op 6 Mei 2004 'n werkswinkel bygewoon, wat aangebied is deur LIASA (Library and Information Association of South Africa) se "Support Staff Interest Group".
Die werkswinkel was daarop gemik om personeel se vaardighede rondom die uitreiking van materiaal en interleningnavrae te verbeter. Daar is ook deurentyd besondere klem op goeie kliëntediens geplaas. Verskillende scenarios is geskets om die personeel te help om moeilike situasies met kliënte te hanteer.
Al vier kollegas is gretig dat 'n opvolg werkswinkel gehou word. Dit was leersaam, pret en die beklemtoning van goeie kliëntediens was veral van groot nut.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.