BiBNuus
Library homepage
INFOBANK: Ons kommersiële inligtingsdiens
Benewens die uitgebreide dienste vir primêre kliënte (studente en personeel van die US) bied die Biblioteekdiens 'n baie suksesvolle tariefgebaseerde inligtingsdiens aan vir maatskappye, instansies en individue wat nie verbonde is aan die Universiteit van Stellenbosch nie.
Die doel hiermee is om instansies te ondersteun in die verwesenliking van hul doelstellings deur die tydige en bekostigbare beskikbaarstelling van inligting en dokumente. INFOBANK vereenselwig hom met die Universiteit se verbintenis tot gemeenskapsdiens en die bydrae wat dit kan maak tot sosio-ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika. INFOBANK bestaan sedert 1991 en het tans meer as honderd (korporatiewe/individuele) lede. Die INFOBANK-kantoor is in die JS Gericke Biblioteek geleë en versoeke van lede kan persoonlik, per e-pos, faks of telefoon gerig word. Die diens word tans hoofsaaklik deur elektroniese skakeling met kliënte bedryf. INFOBANK-dienste wat aan lede gelewer word, is as volg :
Elektroniese soektogte oor onderwerpe op alle vakgebiede. Dokumentlewering uit eie versameling, asook deur middel van nasionale en internasionale interleningstelsels Uitleenvoorregte by die JS Gericke Biblioteek sowel as al die tak- en satellietbiblioteke van die Biblioteekdiens. Gekose inhoudsopgawes wat gereeld uitgestuur word.
Elektroniese soektogte oor onderwerpe op alle vakgebiede.
Dokumentlewering uit eie versameling, asook deur middel van nasionale en internasionale interleningstelsels
Uitleenvoorregte by die JS Gericke Biblioteek sowel as al die tak- en satellietbiblioteke van die Biblioteekdiens.
Gekose inhoudsopgawes wat gereeld uitgestuur word.
Nie-lede kan INFOBANK ook kontak vir kwotasies vir “pay as you go” inligtingsoektogte en dokumentlewering. Gaan kyk gerus na ons webwerf vir meer inligting of skakel Carine Tymbios of Hanlie Strydom by tel.: 808-4399
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.