BiBNuus
Library homepage
Nuwe elektroniese diens op gerief gemik
Nou kan jy sewe dae 'n week, enige tyd van die dag of nag, ’n navraag aan 'n bibliotekaris rig. Vak- en takbibliotekarisse is oorgehaal om so gou as moontlik op jou navrae te reageer. Kliek net op Ask a Librarian waar dit op die biblioteektuisblad of die biblioteekkatalogus voorkom en voltooi die kort navraagvorm. Raadpleeg gerus ook die First Time Users Guide vir voorbeelde van vrae en gebruiksaanwysings.
Die Biblioteekdiens bied hierdie diens aan deur in te teken op QuestionPoint, ’n webgebaseerde stelsel wat deur die Library of Congress en die Online Computer Library Centre (OCLC) ontwikkel is.
'n Groot voordeel van QuestionPoint is dat vrae en antwoorde in ’n sogenaamde KnowledgeBase gestoor word vir herhaalde gebruik, maar wees gerus dat die stelsel nie inligting van die vraagsteller stoor nie – vertroulikheid geniet hoë prioriteit!
Kontak gerus vir Delene Pretorius vir verdere inligting by tel.: 808-4382 of e-pos: dp2@sun.ac.za
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.