‘n Nuwe ooreenkoms is met Elsevier Science gesluit waardeur
studente en navorsers toegang verkry tot ongeveer 1900 vaktydskrifte volledig
in elektroniese formaat. Die tydskrifte word deur die ScienceDirect
databasis, wat ook soekfasiliteite insluit, beskikbaar gestel.
Dit is ongeveer
700 titels meer as wat in 2003 toeganklik was. ScienceDirect sluit ook tydskrite van
die uitgewer Academic Press in.
ScienceDirect is deur die
Bibliteektuisblad toeganklik by:
http://www.sun.ac.za/library/afr/Information_sources/e_databases_int.htm
of
gebruik die direkte adres:
http://www.sciencedirect.com/.
Stellenbosch Universiteit is baie gelukkig om dié toegang
te kon bewerkstelling in die lig daarvan dat daar wêreldwyd besware opgaan teen
die prysstruktuur van Elsevier se produkte.
Dié tydskrifte, wat meestal op die
gebied van natuurwetenskappe en tegnologie is, is bekend daarvoor dat dit van
hoogstaande gehalte is en die algemene gevoel is dat Elsevier ‘n monopolie het
en dus onnodig hoë pryse vra.
In Suid-Afrika is daar op nasionale vlak deur SASLI (South
African Site Licence Initiative) beding vir 'n aangepaste prysstruktuur met die
gevolg dat die huidige koste van Science Direct billik hoewel duur is. Dié prysstruktuur
is egter steeds
kontroversieël omdat die groter universiteite die kleineres subsidieer. Dit het
egter bygedra dat meer instansies toegang tot
hierdie belangrike bronne kry. Bykans al die Suid-Afrikaanse universiteite en technikons is deel
van hierdie ooreenkoms.
Toegang tot ScienceDirect sal in 2007 hersien word en die
gebruik daarvan oor volgende drie jaar sal bepaal of dit weer so
volledig aangekoop sal word.
Daar word beoog om ‘n verdere besparing in 2005 te
bewerkstellig wanneer alle tydskrifte van Elsevier wat tans in gedrukte formaat
verskyn, gekanselleer gaan word.
Navrae: Johan Mouton by tel.: 808-4641
of e-pos: jjm@sun.ac.za |