BiBNuus
Library homepage
Biblioteekdiens neem afskeid van Hennie Viljoen
Die personeel van die Biblioteekdiens het op 27 Februarie 'n afskeidsfunksie vir Hennie Viljoen, wat op 31 Maart 2004 uit diens van die Universiteit tree, gehou.
Die afskeidsfunksie, wat 'n verrassing was, het die vorm van 'n spitbraai aangeneem wat by Die Stal gehou is. Die braai is deur bykans al die personeellede van die Biblioteekdiens bygewoon en 'n gedenkalbum is as afskeidsgeskenk aan hom oorhandig.
Hennie was 23 jaar lank hoof van die Biblioteekdiens en dit is ook gedurende hierdie tyd dat die "nuwe" Biblioteek onder die grond gebou is. Benewens sy aktiewe deelname en leiersrol in die Suid-Afrikaanse biblioteekkonteks het hy ook 'n belangrike rol in die internasionale biblioteekbedryf gespeel. Hy was onder andere president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biblioteek- en Inligtingkunde en in latere jare ook deel van die OCLC Membership Council.
Op die foto is Henri Wirth en Elda Nolte, wat die gedenkalbum saamgestel het, saam met Hennie Viljoen wat dit in ontvangs neem.
Die personeel by die Biblioteekdiens wens vir Hennie goeie gesondheid en 'n welverdiende ruskans toe saam met sy gesin.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.