BiBNuus
Library homepage
Aanwinslyste op biblioteektuisblad groot sukses
Ongeveer 'n maand gelede is 'n nuwe diens, naamlik "Aanwinslyste van nuwe materiaal" bekendgestel. Sedert die begin van die gebruik van hierdie funksie was daar reeds 330 aanvrae vir lyste van nuwe boeke. Dit dui op ’n hoë gebruikfrekwensie wat verblydend is, maar dit kan ongelukkig lei tot oorlading van die stelsel. Ten einde dit te voorkom, sal die volgende voorkomingsmaatreëls binnekort in die program ingebou word:
Die keuse van tydperk sal nie langer as 6 maande wees nie.
Die keuse van onderwerpe sal beperk word tot slegs 5 onderwerpe op 'n slag.
Die tye waarop die lys getrek word, sal beperk word tot na 16:00 in die middag
Tot tyd en wyl hierdie opdatering van die program plaasgevind het, wil ons graag kliënte aanmoedig om die bogenoemde aspekte in ag te neem wanneer lyste van nuwe boeke aangevra word.
Die volgende verbeterings sal ook ingebou word in die program:
'n Ekstra kolom wat verskillende onderwerpsvelde aandui, sal bygevoeg word en sortering van die lys volgens onderwerp sal dan ook moontlik wees
'n Verdere kolom vir die aanwinsdatum sal ook bygevoeg word, waarvolgens sortering ook sal kan plaasvind.
Navrae kan gerig word aan Wouter Klapwijk by tel.: 808-4378 of epos: wklap@sun.ac.za
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.