BiBNuus
Library homepage
Kopieerfasiliteite binnekort by JS Gericke Biblioteek uitgebrei
Die fotokopieerlokaal in die JS Gericke Biblioteek, wat deur RMS bedryf word, se fasiliteite sal binnekort uitgebrei word met die toevoeging van ongeveer ses nuwe rekenaars, twee skandeerders, 'n kleurdrukker en 'n gewone laserdrukker.
Die toevoeging van rekenaartoerusting tot die tradisionele fotokopieermasjiene het nodig geword weens die klemverskuiwing vanaf fotokopiëring na drukwerk en die groot vraag na skandeerfasiliteite en kleurdrukwerk.
Dit uitbreiding van hierdie afdeling sal groot verligting bring ten opsigte van drukwerk wat tans in die openbare area van die Biblioteek gedoen word asook skandering wat tot dusver in die Biblioteekrekenaarafdeling gedoen moes word.
RMS hoop om die fasiliteite in die begin van 2004 beskikbaar te stel.
Kostes sal, soos tans die geval is, outomaties deur middel van studente- of personeelkaarte verhaal word, terwyl kontantkaarte ook vir die doel by RMS beskikbaar is.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.