BiBNuus
Library homepage
Privaatboeke op Reserwe: eie risiko
Die Reserwe-afdeling verwelkom dit as dosente hulle eie boeke deur middel van die Reserwe-afdeling by die JS Gericke Biblioteek aan hul studente beskikbaar wil stel, maar kan ongelukkig nie verantwoordelikheid aanvaar indien die boeke beskadig of verlore raak nie.
Die afdeling tref wel voorsorgmaatreëls om die boeke teen diefstal te beskerm deur dit te “tattle”, wat alarms by die hekke aktiveer as iemand probeer om 'n boek wederregtelik uit die biblioteek te verwyder, maar kan ongelukkig nie die veiligheid waarborg nie.
As 'n verdere veiligheidsmaatreël aanvaar die Reserwe-afdeling nie privaatboeke indien die Biblioteek wel oor 'n kopie beskik nie. Lees meer oor die dienste van die Reserwe-afdeling en hoe om materiaal teen diefstal te beskerm. Kontak ook gerus vir Anemarie Schoeman by tel.: 808-3722 of epos: ass@sun.ac.za vir meer inligting.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.