BiBNuus
Library homepage
Nuwe vakgidse bekendgestel
Twee nuwe vakgidse, vir departemente Geologie en Openbare Bestuur en Beplanning, is onlangs op die Biblioteektuisblad beskikbaar gestel.
Die vakgidse is onderskeidelik deur die betrokke vakbibliotekarisse by die JS Gericke Biblioteek (Elbie van Wyk en Naomi Visser) saamgestel en kan vanaf die biblioteektuisblad onder “subject guides” bereik word.
Vakgidse is webblaaie waarop die belangrikste bronne in ’n bepaalde vakgebied gelys en groepeer word. Die bronne word gewoonlik volgens boeke, tydskrifte, databasisse en naslaanwerke ingedeel.
Vakgidse verskaf ook skakels na ander webblaaie wat vir die vakgebied van nut kan wees.
Met meer as 40 vakgidse wat tot dusver voltooi is, raak dit ’n belangrike bron van inligting vir studente, dosente en navorsers in ’n gegewe vakgebied.
Kliek hier vir ’n volledige lys beskikbare vakgidse en ontgin die waardevolle kennis en ervaring van jou vakbibliotekaris.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.