Die
South African Site Licence Initiative (SASLI ) wat onder die vaandel
van die Coalition of South African Library Consortia” (COSALC) tot
stand gekom het, se sukses word bereken op ongeveer R17
miljoen wat in 'n bietjie meer as ‘n jaar vir Suid-Afrikaanse
biblioteke bespaar is.
Die ontstaan van SASLI kan direk toegeskryf word aan
die groeiende aanbod van inligting en krimpende begrotings van
biblioteke wat die behoefte aan groter samewerking laat onstaan het.
'n Aangeleentheid wat veral prioriteit
word, is die koördinering van elektroniese
inligtingsbronne.
Die “Coalition of South African Library
Consortia” (COSALC) het daarom, as hulle hoofprojek, die South
African Site Licence Initiative (SASLI ) in die lewe geroep.
SASLI se kantoor is vervolgens op 1 Mei
2002, met Susan Veldsman (as projek-koordineerder), geopen.
Die hooftake van dié kantoor is om
duplisering van elektroniese inligting te verminder; om bekostigbare
lisensie-voorwaardes vir elektroniese bronne met verskaffers te
beding en om toegang tot hierdie bronne aan die akademici, navorsers
en studente te verleen.
Die samewerking tussen akademiese
biblioteke was tot dusver baie goed en bykans alle nuwe aanbiedinge
van elektroniese bronne word deur SASLI bemiddel. Dit word gedoen
deurdat 'n sogenaamde “site licence” vir Suid-Afrika beding word
waarop instansies kan inkoop.
Verskeie bronne waarop die US al vir ‘n
geruime tyd inteken, is ook deur middel van onderhandelinge meer
bekostigbaar gemaak. |