Die Biblioteekdiens is tans in die proses om unieke programmatuur te implementeer wat dinamiese koppelings tussen databasisse bewerkstellig. Die programmatuur heet gepas SFX (kort vir “special effects”) weens die bykans asemrowende waarde wat dit tot elektroniese verwysings voeg.
Kortweg sal SFX skakels ("links") verskaf vanaf 'n verwysing, wat in een van die Biblioteekdiens se databasisse gevind is, na verwante elektroniese bronne in ander databasisse. Alhoewel koppelings na 'n verskeidenheid bronne gemaak kan word, is die tipe koppeling wat tussen bibliografiese databasisse en voltekse elektroniese bronne gemaak word veral van groot waarde.
’n Verwysing in ’n databasis soos Web of Science sal byvoorbeeld ’n knoppie vertoon. As daarop gekliek word, verskyn ’n keuselys van verwante elektroniese bronne, waaronder die volledige artikel indien die Biblioteekdiens daarop ingeteken is of daartoe toegang het.
Lees gerus meer oor die opwindende programmatuur by http://www.sfxit.com/
Let asseblief daarop dat SFX uitsluitlik web-gebaseer is en dat dit slegs betrekking het op databasisse waartoe die Biblioteekdiens toegang het. Implementering van die fasiliteit sal enkele maande duur met SFX-skakels wat stelselmatig bygevoeg word.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.