Institusionele Navorsingsbewaarplek van die Universiteit Stellenbosch
SUNScholar is 'n
ooptoegang-elektroniese argief vir die versameling, bewaring en verspreiding van digitale materiaal geskep deur navorsers van Stellenbosch Universiteit, wat van groot akademiese navorsingsbelang is. Primêre
elektroniese materiaal sluit in navorsingsartikels deur navorsers van
die Universiteit Stellenbosch, sowel as afgehandelde tesisse en
verhandelinge/proefskrifte deur studente van die Universiteit. Sekondêre
navorsingsmateriaal sluit in intreeredes, referate en baie meer.
SUNScholar is ontwikkel deur die toepassing van
oop standaarde en gebruik van
oopbronsagteware vir die doeleindes van langtermyn
digitale bewaring. SUNScholar is 'n aanlyn-akademiese navorsingsinligtingsdiens gelewer deur die Biblioteek.
Dien tesis/proefskrif elektronies inJaarliks word tesisse of proefskrifte elektronies op SUNScholar ingedien tydens twee gradueringstydperke.
Vir meer inligting oor die
elektroniese inhandigingsproses, sien die riglyne op die Biblioteek se webblad, onder HULP |
Elektroniese indiening van tesis.
Vra gedrukte tesis/proefskrif/verhandeling in elektroniese formaat aan te vraStuur 'n
e-pos
met die titel en outeur van die tesis/proefskrif/verhandeling. U sal
per e-pos in kennis gestel word (laat 7-14 dae toe) sodra die item beskikbaar is op
SUNScholar.
Kontak ons
Ms CathrIn Baadjies Tel: +27 21 808 9139