Verbeter Jou Sigbaarheid as Navorser
Dit is vir navorsers belangrik om hul teenwoordigheid op die internet te beheer. Wat sal iemand vind as hulle jou naam op Google invoer? Wat wil jy hê moet gevind word? Hieronder volg raad oor hoe om jou sigbaarheid te verbeter sodat ander die inligting oor jou sal vind wat jy graag wil hê gevind moet word en ook om jou aantal sitate te verbeter.
Institusionele en oop navorsingsbewaarplekke
Argiveer self jou navorsingspublikasies in Universiteit Stellenbosch se institusionele bewaarplek
SUNScholar (indien die uitgewer dit toelaat) en ander onderwerpsbewaarplekke soos
arXiv.org of
SSRN. Dit sal help om jou navorsing meer opspoorbaar te maak, jou sitasies kan meer raak en Google sal naspoor wanneer 'n ander navorser jou aangehaal het.
Professionele netwerkwebblaaie
Jou
LinkedIn profiel is gewoonlik die eerste item in 'n Google lys van resultate wanneer jou naam as soekterm gebruik word. Daarom is dit belangrik om te verseker dat die inligting op jou profiel korrek en op datum is.
Profiele wat fokus op jou navorsingsuitsette
Die volgende produkte fokus spesifiek op navorsing. Indien jy 'n profiel hier skep en in stand hou, maak jy ander navorsers meer bewus van jou navorsing en kan jy die impak van jou werk op die navorsingsgemeenskap sien:
ORCID,
Kudos,
figshare,
ImpactStory.
Sosiale media
Twitter is baie gewild by navorsers om nuwe publikasies, opinies oor spesifieke navorsing en nog meer te deel. 'n
Facebook profiel kan ook gebruik word om inligting oor jou navorsing te deel.
Akademiese netwerkwebblaaie vir navorsers
ResearchGate,
academia.edu en
Mendeley is voorbeelde van akademiese netwerkwebblaaie vir navorsers. Dit is moontlik om hiermee nuwe navorsing oor jou onderwerp op te spoor (insluitend soms volteksartikels) sowel as nuwe medewerkers. Jou profiel sal verskyn wanneer iemand jou naam op Google invoer.
Webblaaie vir navorsingsgroepe
Dit is nuttig om 'n gedetailleerde webblad vir 'n navorsingsgroep of departement te hê, maar belangrik dat dit gereeld opgedateer word met jou onlangse publikasies en navorsingsonderwerpe. Dit mag ook nuttig wees om 'n blog vir jou navorsingsgroep te begin waar jy enige inligting oor jou navorsingsgroep en hul navorsing kan deel.