Stellenbosch University
joins OCLC Research Library Partnership
Sien Afrikaans onder
Stellenbosch University Library and Information Service has recently
joined the ‘OCLC Research Library Partnership’ (ORLP). Stellenbosch
University is OCLC’s first Research Library Partner in South Africa.
What exactly is the ‘OCLC Research Library Partnership’ (ORLP)? And what
is ‘OCLC’?
The ‘OCLC Research Library Partnership’ (ORLP) is a global alliance of
like-minded institutions that focuses on making operational processes
more efficient and shapes new scholarly services. The ORLP tagline is:
‘Connecting you to a shared future; cooperative innovation that makes
your library more valuable, operating processes more efficient, and
shapes new distinctive services’. Currently, 170 partner institutions
from around the world participate in the ORLP.
‘OCLC’ is a worldwide library cooperative, which is owned, governed and
sustained by members. It has been in existence since 1967. OCLC’s
purpose is to work together to improve access to the information held in
libraries around the globe, and to find ways to reduce costs for
libraries through collaboration.
Some of the exciting benefits and opportunities of the ORLP include:
• The opportunity to work with similarly motivated institutions to
collaboratively address changing architectural, workflow and service
issues.
• Invitations to working groups that focus on high-priority needs and
issues.
• Invitations to programmes, educational events and symposia.
• Working on common interests with colleagues across the world—and
across sectors.
• Sharing collections and continuing to build and refine
resource-sharing capacities.
• Improving the management of the cultural and scholarly record.
• Contributing to the developing practices and economics of research
information description.
• Benefiting from data mining efforts to improve service and inform
management of collections.
• Helping to form community views of best practices in a range of key
areas.
• Active engagement in the collaborative design of a collective future.
‘SHARES’, a resource sharing group, gives faculty, students and staff of
member institutions on-site access to collections and services at other
SHARES institutions. This international sharing partnership will
potentially expand and enhance Stellenbosch University’s local
collections with materials owned by partners throughout the world.
What will Stellenbosch University Library and Information Service
contribute to the partnership?
Enthusiastic participation and engagement
with colleagues at other institutions will ensure mutual benefit for all
in the partnership. For example, serving on working groups is an
excellent way to learn and to establish relationships with colleagues at
other institutions. Joining the discussion lists is a good way to learn
of these opportunities. Whilst the geographic distances and time zones
that separate SU from most partners are significant, Library staff are
certain to rise to the challenge and make use of the opportunity. Mutual
effort will be needed to reach out and engage: the reciprocal benefits
are potentially enormous!
Back to contents page
Universiteit
Stellenbosch Biblioteek sluit aan by die OCLC Navorsings-
Biblioteekvennootskap
Universiteit Stellenbosch
Biblioteek- en Inligtingsdiens het onlangs by die OCLC Research
Library Partnership (ORLP) aangesluit, die eerste sodanige vennoot
in Suid-Afrika.
Wat presies is die OCLC
Research Library Partnership (ORLP)? En wat is OCLC?
Die OCLC ORLP is 'n
alliansie van eendersdenkende instansies wêreldwyd wat daarop fokus om
operasionele prosesse meer doeltreffend te maak en om nuwe vakkundige
dienste te ontwikkel. Tans is daar 170 instansies van regoor die wêreld
wat aan die ORLP deelneem.
OCLC is ’n wêreldwye
biblioteekkoöperatief wat sedert 1967 deur sy lede besit, bestuur en
onderhou word. OCLC se doel is om toegang tot die inligting in
biblioteke wêreldwyd te verbeter, en om maniere te vind om deur
samewerking biblioteke se uitgawes te verminder.
Die ORLP sluit onder
andere die volgende opwindende voordele en geleenthede in:
• Die geleentheid om met soortgelyk gemotiveerde instansies saam te werk
om kwessies rondom argitektuur, werksvloei en diens aan te spreek.
• Uitnodigings na werkgroepe wat fokus op kwessies en behoeftes met 'n
hoë prioriteit.
• Uitnodigings na programme, opvoedkundige geleenthede en simposia.
• Samewerking met kollegas van oor die hele wêreld en oor sektore heen
oor sake van gemeenskaplike belang.
• Die deel van versamelings en die voortdurende uitbou van die vermoë om
hulpbronne te deel.
• Die verbetering van die bestuur van die kulturele en wetenskaplike
rekord.
• Om by te dra tot die ontwikkeling van die beskrywing van
navorsingsinligting.
• Om voordeel te trek uit pogings om data-ontginning aan te wend om
diens en die bestuur van versamelings te verbeter.
• Aktiewe betrokkenheid by die gesamentlike ontwerp van 'n
gemeenskaplike toekoms.
SHARES, 'n groep binne die ORLP wat hulpbronne deel, gee aan studente en
personeel van lidinstansies toegang tot die versamelings en dienste van
ander lidinstansies op hul persele. Hierdie internasionale vennootskap
kan potensieel die plaaslike versamelings in Universiteit Stellenbosch
se besit uitbrei en verbeter deur middel van materiaal in besit van
vennote wêreldwyd.
Wat sal Stellenbosch
Biblioteek- en Inligtingsdiens tot die vennootskap bydra?
Entoesiastiese deelname en
betrokkenheid by kollegas van ander instansies sal wedersydse voordeel
vir almal in die vennootskap verseker. Om lid te wees van ʼn werkgroep is
byvoorbeeld ’n uitstekende manier om te leer en om verhoudings met
kollegas by ander instansies te vestig. Die geografiese afstande en
tydsones wat die US van die meeste vennote skei, sal wel ʼn kwessie wees,
maar die biblioteekpersoneel sal beslis opgewasse wees vir die taak en
die geleentheid aangryp. Die potensiële wedersydse voordele van
onderlinge samewerking is enorm!
Terug na Inhoudsopgawe |