HENNIE AUCAMP DIGITAL
COLLECTION
Sien Afrikaans onder
In the previous edition of BibNews we
reported on the presentation of the catalogue of the collection of the
late Afrikaans author Hennie Aucamp. We would like to announce that
selected items from the Hennie Aucamp collection are now available on
SUNDigital Collections, the digital heritage platform of the Library and
Information Service.
These items have been selected to give an overview of the different
genres of Afrikaans literature in which Aucamp worked. These digitised
manuscripts also provide insight into Aucamp’s way of writing. The
digital collection shows examples of poems, cabaret, short stories,
introductions to books and speeches by the writer. Among others, a
television adaption of “’n Bruidsbed vir tant Nonnie”, one of Aucamp’s
best known short stories can be found, as well as the original
hand-written manuscript, with corrections, of the cabaret “’n Brommer in
die boord”. The digital collection can be accessed via
this link.
Mimi Seyffert
Back to contents page
HENNIE AUCAMP DIGITALE
VERSAMELING
In die vorige uitgawe van BibNuus het ons
verslag gedoen oor die bekendstelling van die katalogus en indeks tot die
versameling van die ontslape Afrikaanse skrywer, Hennie Aucamp. Ons
kondig graag aan dat geselekteerde items uit die Hennie
Aucamp-versameling nou ook digitaal beskikbaar is op SUNDigital
Collections, die digitale bewaringsplatform van die Biblioteek- en
Inligtingsdiens.
Hierdie items is geselekteer om ‘n blik te gee op die verskillende
genres van Afrikaanse literatuur waarin Aucamp gewerk het. Die
gedigitaliseerde manuskripte gee dan ook vir ons insig in sy werkswyse.
Binne die digitale versameling is voorbeelde van gedigte, kabarette,
kortverhale, inleidings tot boeke en ook toesprake deur die skrywer.
Daar is onder andere 'n verwerking van “’n Bruidsbed vir tant Nonnie”, een
van Aucamp se bekendste kortverhale, vir televisie, asook die
oorspronklike handgeskrewe manuskrip, met verbeteringe, van die kabaret
“’n Brommer in die boord”. Toegang tot die digitale versameling kan
verkry word deur
hierdie skakel.
Mimi Seyffert
Terug na Inhoudsopgawe
|