December 2013
Drie nuwe personeellede is die afgelope paar maande by die Biblioteek- en Inligtingsdiens aangestel. Ons wil hulle graag hartlik verwelkom en hoop dat hulle 'n suksesvolle loopbaan by die Biblioteek sal hê.
Hazel Alexander is aangestel as Persoonlike Assistent van die Senior Direkteur vanaf 1 September. Sy het 'n Sertikaat in Bemarkingsbestuur by die Stellenbosch Kollege verwerf en vir nege jaar by Mediclinic se Hoofkantoor gewerk. Vanaf 2009 het sy by die Taalsentrum en Fasiliteitsbestuur onderskeidelik gewerk. Sy geniet dit om in 'n akademiese omgewing te wees waar sy kan groei en haar kennis verbreed. Hazel was ook lid van die Libertas Koor. Sy woon op 'n pragtige wynplaas en geniet dit om tyd in die natuur deur te bring.
Bronwyn Bruton is vanaf 4 November aangestel as die nuwe hoof by Spesiale Versamelings. Sy het in 1993 'n BSc-Agric aan die Universiteit van Natal, Pietermaritzburg verwerf en daarna haar BBibl deur Unisa. Sy was voorheen 'n argivaris by die Universiteitsargief van die Universiteit van KwaZulu-Natal en vanaf 2006 'n Fakulteitsbibliotekaris aan dieselfde universiteit. Volgens Bronwyn het sy nog altyd haar entoesiasme behou "for preservation and conservation through SAPCON Eastern Region activities and I am delighted to be back in the special collections field."
Nomonde Maqubela, Direkteur: Tegniese Dienste, het in Cofimvaba, naby Queenstown, grootgeword. Haar eerste werk was by Vela Privaatskool waar sy 'n Onderwyser-bibliotekaris was. Sy het haar BBibl by die Universiteit van Transkei voltooi en ook gewerk by die Transkei Onderwyserskollege as 'n Onderwyser-bibliotekaris. Sy het goeie ervaring opgedoen in akademiese biblioteke. Sy was 'n Takbibliotekaris in Queenstown en ook later 'n "Acquisitions Librarian". Sy het haar BLIS Hons voltooi by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Daarna het sy onder andere by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie as Navorsingsbibliotekaris gewerk en is later by die Universiteit van Vrystaat se Biblioteekdiens aangestel as Adjunk-direkteur: Kliëntedienste voor sy in September by Stellenbosch begin werk het.
Back to contents page / Terug na Inhoudsopgawe
From left to right: Ms Bronwyn Bruton, Ms Hazel Alexander and Ms Nomonde Macquebela.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.