BiBNuus
Library homepage
Uitstalling oor Ina Rousseau
'n Uitstalling oor die lewe en werk van Ina Rousseau word tans in die JS Gericke Biblioteek gehou en kan besigtig word voor die Interlenings afdeling.
Ina Rousseau, die bekroonde en bekende Afrikaanse digteres is onlangs in die ouderdom van 79 oorlede aan kanker. Haar digbundel, 'n Onbekende jaartal, is met die Hertzogprys bekroon in 1995. Sy het die afgelope paar jaar 'n kluisenaarsbestaan in die Tuine in Kaapstad gevoer. Haar besondere sensitiwiteit vir menseverhoudings het neerslag gevind in gedigte oor die liefde, die huwelik, musiek, die natuur en die dood. Sy het ses digbundels, sowel as 'n kortverhaalbundel gepubliseer in 'n tydperk van 41 jaar.
Sy het ook geskryf oor die Soweto opstande en haar kortverhaal "Onthou jy vir Helena Lem?" was die basis vir 'n toneelstuk, "Salt Chocolate", wat laas jaar in New York bekendgestel is. Volgens Corné Coetzee van die Cape Times het sy in die tradisie van Afrikaanse digters geskryf wat kritiek gelewer het op die sosiale omstandighede tydens die Apartheidsjare.
Navrae oor die uitstalling kan gerig word aan Niel Hendriksz by tel.: 808-4401 of per e-pos: nh@sun.ac.za
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.