BiBNuus
Library homepage
Meningsopname lewer waardevolle inligting
Kliek asseblief hier om die Afrikaanse vraelys te voltooi
Die Biblioteekdiens het 'n gesaghebbende webgebaseerde meningsopname, LibQUAL+TM aangekoop, wat ontwikkel is deur die Association of Research Libraries (ARL) in Noord-Amerika. Die pakket sluit ook opleiding met betrekking tot die gebruik van die produk in sowel as 'n gedetailleerde analise van resultate. Vyf universiteite in Suid-Afrika maak vanjaar vir die eerste keer van die LibQUAL meetinstrument gebruik, naamlik Universiteite van Kaapstad, Stellenbosch, Grahamstad, Potchefstroom en Pretoria.
Die vraelyste is in begin Augustus uitgestuur na die akademiese omgewing deur middel van e-pos. Op die eerste dag waarop die opname geloods is, is die groot getal van 497 vraelyste voltooi deur studente en personeel. Die opname is reeds vir drie weke aktief en ongeveer 1035 vraelyste is tot op hede voltooi. Die Biblioteekdiens beskou hierdie opname van groot belang vir die verbetering van dienste en fasiliteite en wil graag almal bedank wat die tyd neem om die vraelys in te vul.
Die kommentaar wat kliënte gee oor die Biblioteekdienste is tot dusver redelik uiteenlopend, maar 'n gebrek aan rekenaars vir die gebruik van studente in die JS Gericke Biblioteek staan uit as een van die brandende kwessies wat aangespreek behoort te word. Ons wil kliënte graag inlig dat daar reeds aan hierdie saak aandag gegee word. Daar word beoog om binnekort ekstra rekenaars op die onderste vloer beskikbaar te stel.
Volgens meegaande tabel kan gesien word dat voorgraadse en nagraadse studente die vraelys flink invul, maar dat 'n kleiner persentasie akademiese personeel vir ons hul mening gee. Die Biblioteekdiens wil graag beklemtoon dat die akademiese personeel se menings ook vir hul van groot waarde kan wees in die beplanning van verbetering van dienste. Formele terugvoer oor resultate sal later in die jaar bekend gemaak word.
'n Gelukkige prystrekking sal plaasvind nadat die opname gesluit is, waarskynlik vroeg in Oktober. Diegene wat hul e-pos adresse invoer op die vraelys, sal in aanmerking geneem word vir die prystrekking. 'n Aantal geskenkbewyse vir byvoorbeeld middagetes, fliekkaartjies en selfs 'n pedikuur kan gewen word.
Navrae kan gerig word aan Marié Roux (tel.: 808-2623) of Matthew Syphus (tel.: 8083946). Die webblad oor LibQUAL kan ook geraadpleeg word vir meer inligting.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.