BiBNuus
Library homepage
2005 Ex Libris seminaar in Griekeland
Asklepeion
Kalimnos
Kamari
Wouter Klapwijk van die Biblioteekdiens se Informasietegnologie-afdeling het die Biblioteekdiens vanjaar tussen 17 en 22 April in Kos (Griekeland) by Olybris (die 2005 Ex Libris seminaar) verteenwoordig.
Die seminaar het hoofsaaklik bestaan uit lesings oor Ex Libris se onderskeie produkte en/of biblioteektoepassings soos ALEPH® (biblioteekrekenaarstelsel), MetaLib® en SFX® met die doel om kundigheid oor die onderskeie produkte te bevorder. Inligting is ook gedeel oor nuwe produkte en ontwikkelings wat beplan word.
Een van die belangrikste waardes van die seminaar was egter die geleentheid om eerstehands met die ontwikkelaars van die stelsels te kon gesels en om gemeenskaplike probleme met ander gebruikers van die stelsels te bespreek.
Die foto's hierbo gee 'n skrefie-blik op die asemrowende eilande wat Wouter na afloop van die seminaar besoek het.
Wouter kan gekontak word, by tel.: 808-4378 of e-pos: wklap@sun.ac.za.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.