BiBNuus
Library homepage
Korrigeer e-pos adresse
Die uitleenstelsel van die Biblioteekdiens maak deesdae primêr van elektronies pos gebruik om met kliënte te kommunikeer. Dié medium is vinnig, relatief goedkoop en blyk effektief te wees.
Die suksesvolle werking van die stelsel, word egter grootliks bepaal deur die Biblioteekdiens se toegang tot korrekte e-pos adresse.
Maak asseblief seker dat die Biblioteekdiens jou korrekte e-pos adres het Skakel ons by 808-4883 of stuur 'n e-pos aan jsg_uitl@sun.ac.za
Korrespondensie wissel van aanmanings, die herroep van boeke wat deur iemand anders bespreek is, tot voorafkennisgewings wat kliënte drie dae voor die vervaldatum van ’n item herinner om 'n item betyds terug te besorg of te hernu.
Vir verdere navrae, kontak gerus vir Anemarie Schoeman by tel.: 808-3722 of e-pos: ass@sun.ac.za.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.