BiBNuus
Library homepage
Gebruik van databasisse groei dramaties
'n Vergelyking tussen die aantal items wat verlede jaar fisies by toonbanke by die Biblioteekdiens uitgereik is en dit wat kliënte self elektroniese afgelaai het, dui daarop dat elektroniese media baie vinnig besig is om die benutting van tradisionele media in te haal.
Die gebruik van databasisse het in 2004 feitlik verdubbel met 420 167 volledige elektroniese artikels wat afgelaai is teenoor 243 000 in 2003. Dit sluit nie artikels in van tydskrifte waarvoor daar enkelsubskripsies bestaan nie. In die ooreenstemmende tydperk het die uitreiking van tradisionele materiaal met 10% afgeneem.
Die databasisse wat gedurende 2004 die beste benut is, is :
- Academic Search Premier (EbscoHost) - ScienceDirect - PcycInfo - Business Source Premier (EbscoHost) - SA ePublications - SA Studies - Web of Science - EconLit - Health Source (EbscoHost) - Emerald
Twee ander databasisse wat nie hier aangegee word nie, Pubmed (Medline) en ERIC (Opvoedkunde), se benutting is ook hoog, maar dié databasisse verskaf nie transaksie-statistiek per instelling nie.
Kontak gerus vir Johan Mouton by tel.: 808-4641 of e-pos: jjm@sun.ac.za vir navrae.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.