BiBNuus
Library homepage
Nuwelingverwelkoming verbeter met 55%
Vanjaar het 769 van 1890 nuwelinge die oriënteringsprogram bygewoon wat die JS Gericke Biblioteek tussen 1-3 Februarie aangebied het. Dit is ’n verbetering van 55% in vergelyking met verlede jaar toe slegs 459 studente die oriëntering bygewoon het.
Die groot verbetering word toegeskryf aan deeglike beplanning deur die Universiteit se Verwelkomings-programkomitee en die feit dat die verwelkomings-program toegankliker gemaak is vir nuwelinge.
Die grafiek (regs) beeld die bywoning volgens fakulteit uit in verhouding tot die aantal registrasies wat op daardie stadium bekend was.
’n Klein aantal nuwelinge van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het ook die oriënteringsprogram deurloop alhoewel daar alternatiewe maatreëls vir dié fakulteit getref is, wat tradisioneel, weens groot studentegetalle, nie aan die verwelkomingsweek deelneem nie.
Ons is verheug oor vanjaar se groot toename in die bywoning en hoop om dit in 2006 selfs verder te verbeter!
Vir navrae of kommentaar oor die Biblioteek se verwelkomingsprogram kan Tracy Britz by tel.: 808-3692/4430 of e-pos: tcb@sun.ac.za gekontak word.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.