BiBNuus
Library homepage
Frankfurt Boekeskou
Johan Mouton (Elektroniese Bronnebestuurder) het in Oktober 2004 die geleentheid gehad om die bekende Frankfurt Boekeskou by te woon. Hy vertel soos volg oor die interessante belewenis:
Die eerste ding wat 'n mens opval van die Frankfurt Boekeskou, is hoe groot dit is. Frankfurt staan bekend as die sogenaamde "Messe Stadt" (mark- of skoustad) van Europa en daar is geen gebrek aan fasiliteite hier nie. Die stad huisves ook die reuse jaarlikse Frankfurtse Motorskou. Die kompleks wat die boekeskou huisves bestaan uit ongeveer agt “sale” wat meestal aparte geboue is met twee of drie vloere.
Daar word baie na-aan alle soorte boeke uitgestal: van hoogs literêre werke, strokiesverhale, koffietafelboeke tot faksimilees van ou Middeleeuse werke. Alhoewel Duits die oorheersende taal by die skou is, is dit baie internasionaal. In 2004 was die tema van die skou: “Die Arabiese wêreld” en behalwe boeke was daar ook Arabiese orkeste, ‘n Arabiese perd en natuurlik heelwat besoekers van Arabiese lande. Tradisioneel word dié boekeskou ook uitgesonder as die geleentheid waartydens die Nobelprys vir letterkunde aangekondig word. Vir ’n ieder en ’n elk wat in boeke belangstel, is ‘n besoek aan die Frankfurt Boekeskou ‘n wonderlike ervaring. Johan Mouton kan gekontak word by tel.: 808-4641 of e-pos: jjm@sun.ac.za.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.