BiBNuus
Library homepage
Kwytskelding van boetes
Bring jou agterstallige boeke terug sonder om ’n boete te betaal!
In die gees van Nasionale Biblioteekweek is daar besluit om vanjaar weer ’n kwytskelding van boetes toe te staan vir uitstaande boeke wat tydens dié week terugbesorg word. By die JS Gericke Biblioteek en die takbiblioteke sal alle agterstallige boeke wat tussen 14 en 18 Maart 2005 terugbesorg word van boetes kwytgeskeld word, ongeag die oorspronklike terugbesorgdatums van die boeke.
Kontak gerus vir Anemarie Schoeman by tel.: 808-3722 of e-pos: ass@sun.ac.za in verband met die boetekwyskelding tydens Nasionale Biblioteekweek.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.