BiBNuus
Library homepage
Biblioteekdiens lei argiveringsprojek in SA
'n Internasionale argiveringsprojek, LOCKSS, waarby die Biblioteekdiens betrokke is, is op 29 Julie tydens die Open Access Scholarly Communication Conference in Pretoria deur Wouter Klapwijk bekendgestel. 'n Projekspan van die Biblioteekdiens sal ook vir die volgende agtien maande die leiding neem met die verdere bekendstelling en toets van LOCKSS in Suid-Afrika.
Die Lots Of Copies Keeps Stuff Safe (LOCKSS) projek het sy oorsprong by Stanford Universiteit en stel ten doel om ’n maklike, bekostigbare manier te vind vir biblioteke om kopieë van inligting wat elektronies gepubliseer is op hulle eie stelsels te bewaar. Vir die doel is programmatuur ontwikkel wat ’n persoonlike rekenaar in ’n digitale argiveringstoestel omskep.
Die toestel werk soos ‘n web “cache” om subskripsie inligting plaaslik beskikbaar te stel en is deur middel van die Internet met ander “caches” verbind. Die toestelle vergelyk deurlopend mekaar se inhoud om te verseker dat die integriteit van die inligting nie aangetas is nie.
Die argivering van elektroniese artikels is een van die knaendste biblioteekkwessies wat in die Inligtingseeu sy kop uitgesteek het en die Biblioteekdiens het dus die geleentheid aangegryp om by dié projek betrokke te raak:
Meer inligting oor die interessante projek is beskikbaar by http://lockss.stanford.edu/ of kontak Wouter Klapwijk (mede-projekleier) by wklap@sun.ac.za of tel.: X4378.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.