BiBNuus
Library homepage
Nuwe pos vir inligtingsgeletterdheid by die Biblioteekdiens
Die Biblioteekdiens het aan die begin van vanjaar 'n nuwe pos in die lewe geroep om die inligtingsgeletterdheidsfunksie van die US Biblioteekdiens te ontwikkel.
Annemarie Maritz wat tot dusver die vakbibliotekaris vir Opvoedkunde en Inligtingswetenskap was, is in hierdie pos aangestel. Annemarie is reeds 'n geruime tyd betrokke by Inligtingsgeletterheidsaangeleenthede. Sy was ook die sameroeper van die Taakspan vir Inligtingsgeletterheid wat riglyne vir die integrasie van inligtingsgeletterdheid in alle voorgraadse leer- en onderrigprogramme saamgestel het. Dié riglyne is in November 2003 deur die Akademiese Beplanningskomitee asook deur die Senaat en Raad aanvaar.
Annemarie was daarna saam met Margo Steyn van SOL medewerker aan die inligtingstuk Inligtingsgeletterdheid in Voorgraadse Leer en Onderrigprogramme wat riglyne van 'n meer praktiese aard saamgestel het.
Deel van haar nuwe verantwoordelikhede sal wees: die ontwikkeling, koördinering en organisering van die opleidingsfunksie in die Biblioteekdiens, asook die integrering van opleidingsinisiatiewe met akademiese programme en skakeling met ander universiteits-departemente wat te doen het met inligtingsgeletterdheid, bv. die Sentrum vir Onderrrig en Leer (SOL).
Die doel van al hierdie take is kliëntebemagtiging en gehalteversekering. Die uitvoering van die verantwoordelikhede vind plaas in samewerking met die vakbibliotekarisse en die Hoof: Vakbibliotekarisafdeling.
Annemarie kan by tel.: 808-4402 of e-pos: am1@sun.ac.za gekontak word.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.