BiBNuus
Library homepage
Berta Els in Geneve by konferensie oor Open Archives Initiative (OAI)
Berta Els (Assistentdirekteur: Tegniese Dienste) het in Februarie vanjaar die "CERN Workshop Series on Innovations in Scholarly Communication: Implementing the benefits of OAI" in Geneve, Switzerland bygewoon. Ongeveer 170 afgevaardigdes (bibliotekarisse, uitgewers en spesialiste in informasietegnologie) uit 29 lande wêreldwyd het dit bygewoon.
Die vele gesigte en manifestasies van die "Open Archives Initiative(OAI)" en verwante "Open Access" oplossings is tydens werksessies bespreek.
Tutoriale is ook aangebied om interaktiewe opleiding te verskaf in standaarde, programmatuur en die implementering van OAI. Kritiese vrae is tydens wegbreeksessies gevra: "What do scientific authors want?"; "Attracting scientists to institutional repositories"; "If you build it, will they come?"
Ewe kritiese vrae kan nou tuis gevra word: Wat moet ons by die Universiteit van Stellenbosch doen ten opsigte van hierdie inisiatiewe? Wat is die gevoel onder ons navorsers in dié verband?
Volgens Berta behoort die US Biblioteekdiens wel 'n rol te speel in "open archiving" en 'n sinvolle beginpunt sal gesprekvoering met relevante vennote insluit.
Vir navrae of kommentaar, kontak gerus vir Berta Els by tel.: 808-4877 of e-pos: ae2@sun.ac.za
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.